NUMERI 27:18-20
NUMERI 27:18-20 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê toe vir Moses: “Jy moet vir Josua seun van Nun neem en jy moet jou hande op hom sit. My Gees sal hom lei. Jy moet hom voor die priester Eleasar en voor die hele volk laat staan en jy moet vir hom sê wat hy moet doen. Hulle moet dit hoor. Jy moet vir al die Israeliete sê hulle moet gehoorsaam wees aan Josua, soos hulle gehoorsaam was aan jou.
NUMERI 27:18-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê die HERE aan Moses: Neem vir jou Josua, die seun van Nun, 'n man in wie die Gees is; en lê hom die hand op, en stel hom voor die priester Eleásar en voor die hele vergadering, en gee hom 'n opdrag voor hulle oë; en lê op hom van jou hoogheid, sodat die hele vergadering van die kinders van Israel na hom kan luister.
NUMERI 27:18-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê die Here vir Moses: “Neem vir Josua seun van Nun, 'n man op wie my Gees is, en lê hom die hande op. Laat hom voor die priester Eleasar en voor die hele volk staan en sê vir hom in hulle teenwoordigheid wat sy taak is. Dra van jou gesag aan hom oor sodat die hele volk Israel hom kan gehoorsaam.
NUMERI 27:18-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het vir Moses gesê: “Neem Josua, seun van Nun, 'n man met geesdrif, en lê jou hande op hom. Laat hom voor die priester Eleasar staan en voor die hele volksvergadering, en gee hom voor hulle oë sy opdragte. Dra van jou gesag oor op hom, sodat die hele volksvergadering van die Israeliete na hom sal luister.
NUMERI 27:18-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê die HERE vir Moses: Neem vir jou Josua, die seun van Nun, 'n man in wie die Gees is, en lê jou hand op hom; En stel hom voor die priester Eleasar en voor die hele vergadering; en gee hom 'n bevel voor hulle oë. En jy moet van jou eer op hom lê, sodat die hele vergadering van die kinders van Israel gehoorsaam kan wees.
NUMERI 27:18-20 Die Boodskap (DB)
Toe sê die Here vir Moses: “Laat Josua die seun van Nun na jou toe kom, want Ek het hom toegerus om hierdie werk te kan doen. Sit jou hande op sy kop en laat Eleasar en die hele volk hiernatoe kom sodat hulle dit kan sien. Sê dan daar voor hulle almal vir hom wat sy taak gaan wees, en stel hom as jou opvolger en as die volk se nuwe leier aan. Dra ’n deel van die gesag wat Ek aan jou gegee het aan hom oor sodat die volk sal besef hulle moet na Josua luister.
NUMERI 27:18-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE het vir Moses geantwoord: “Vat Josua, die seun van Nun. God se Gees is in hom. Sit jou hande op hom. Laat hom voor Eleasar die priester en voor die hele gemeenskap gaan staan. Gee hom dan die opdrag om hulle te lei. Dra jou gesag aan hom oor sodat al die Israeliete na hom sal luister.