NUMERI 27:1-4
NUMERI 27:1-4 Bybel vir almal (ABA)
Die dogters van Selofgad was van die nageslag van Manasse. Selofgad was die seun van Gefer seun van Gilead seun van Makir seun van Manasse. Die name van die dogters was Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa. Hulle het nader gekom en hulle het gaan staan by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het. Hulle het gaan staan voor Moses en die priester Eleasar en die leiers en die hele volk, en hulle het gesê: “Ons pa het in die woestyn gesterf. Hy was nie een van die groep wat saam met Korag teen die Here opstandig geword het nie, hy het gesterf omdat hy self sonde gedoen het. Maar hy het nie seuns gehad wat sy grond kan kry nie. Hoekom moet ons pa se naam nou verdwyn uit sy familie? Jy moet vir ons grond gee tussen ons pa se broers.”
NUMERI 27:1-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DAARNA het nader gekom die dogters van Selófhad, die seun van Hefer, die seun van Gílead, die seun van Magir, die seun van Manasse, van die geslagte van Manasse, die seun van Josef — dit is die name van sy dogters: Magla, Noa en Hogla en Milka en Tirsa — en hulle het gaan staan voor Moses en die priester Eleásar en voor die owerstes en die hele vergadering, by die ingang van die tent van samekoms, en gesê: Ons vader het in die woestyn gesterwe, en hy het nie behoort by die bende van die wat teen die HERE vergader het in die bende van Korag nie, maar hy het om sy sonde ontwil gesterwe en geen seuns gehad nie. Waarom sou die naam van ons vader uit sy geslag weggeneem word, omdat hy geen seun gehad het nie? Gee ons 'n besitting onder die broers van ons vader.
NUMERI 27:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die dogters van Selofgad het na Moses toe gekom. Hulle het aan die Manassestam behoort. Selofgad was 'n seun van Gefer, seun van Gilead, seun van Makir, seun van Manasse, seun van Josef. Die dogters was Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa. Hulle het voor Moses en die priester Eleasar en voor die leiers en die hele gemeente by die ingang van die tent van ontmoeting gaan staan en gesê: “Ons pa is in die woestyn dood. Hy was nie een van Korag se bende wat teen die Here saamgesweer het nie. Hy het deur sy eie sondes gesterf en geen seuns gehad nie. Waarom moet ons pa se naam uit sy familie verdwyn net omdat hy nie 'n seun gehad het nie? Gee vir ons grond tussen dié van sy familie.”
NUMERI 27:1-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die dogters van Selofgad – hulle name was Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa, van die Manasse-familiegroep – het na vore getree. Selofgad was die seun van Gefer, seun van Gilead, seun van Magir, seun van Manasse, seun van Josef. Hulle het voor Moses, die priester Eleasar, die leiers en die hele volksvergadering by die ingang van die •Tent van Ontmoeting gaan staan en gesê: “ Ons vader is oorlede in die woestyn. Hy was egter nie onder die bende nie – daardie bende van Korag wat teen die HERE saamgespan het. Maar deur sy eie sonde het hy gesterf, en hy het nie seuns gehad nie. Waarom moet ons vader se naam verdwyn uit sy familiegroep omdat hy nie 'n seun gehad het nie? Gee vir ons erfgrond tussen ons vader se broers.”
NUMERI 27:1-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe kom die dogters van Selofhad, die seun van Hefer, die seun van Gílead, die seun van Magir, die seun van Manasse, uit die geslagte van Manasse, die seun van Josef; en dit is die name van sy dogters; Magla, Noag en Hogla en Milka en Tirsa. En hulle het voor Moses en voor Eleasar, die priester, en voor die owerstes en die hele vergadering by die ingang van die tent van samekoms gestaan en gesê: Ons vader het in die woestyn gesterf, en hy was nie in die bende van die wat teen die HERE vergader het in die bende van Korag nie; maar het in sy eie sonde gesterf en geen seuns gehad nie. Waarom moet die naam van ons vader onder sy familie weggedoen word, omdat hy geen seun het nie? Gee dan aan ons 'n besitting onder die broers van ons vader.
NUMERI 27:1-4 Die Boodskap (DB)
Daar was ’n man met die naam Selofgad. Hy was ’n seun van Gefer, die seun van Gilead, die seun van Makir, die seun van Manasse, die seun van Josef. Selofgad het vyf dogters gehad. Hulle name was Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa. Op ’n dag het hierdie dogters na Moses en Eleasar toe gekom waar hulle saam met die leiers van die volk en al die ander Israeliete by die tent van die Here in ’n vergadering was. “Ons pa,” het hulle gesê, “is in die woestyn dood sonder dat hy ooit seuns gehad het. Hy was nie een van Korag se trawante wat teen die Here in opstand gekom het nie. Hy het as gevolg van sy eie sonde gesterf. Dit is mos nie regverdig dat ons pa se naam uit sy familie verdwyn net omdat hy nie seuns gehad het nie. Daarom vra ons dat u vir ons sy grond tussen sy familie sal gee wat hy moes kry.”
NUMERI 27:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Selofgad se dogters was Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa. Selofgad was die seun van Gefer, seun van Gilead, seun van Makir, seun van Manasse, seun van Josef. Sy dogters het met ’n saak na Moses, die priester Eleasar en al die leiers van die gemeenskap van Israel daar by die ingang van die tabernakel gekom. “Ons pa het in die woestyn gesterf. Hy het nie seuns gehad nie,” het hulle gesê. “Hy was nie een van Korag se meelopers wat teen die HERE in opstand gekom het nie. Hy is dood oor sy eie sonde. Hoekom moet ons pa se naam uit sy stam verdwyn net oor hy nie seuns gehad het nie? Julle moet vir ons grond tussen ons familie gee.”