NUMERI 24:15-19
NUMERI 24:15-19 Bybel vir almal (ABA)
Bileam het toe begin praat en gesê: “Dit is Bileam seun van Beor wat praat, God wys vir my dinge. Ek is 'n man wat gehoor het wat God vir my sê, wat weet wat die Hoogste God vir my leer, wat sien wat die Almagtige vir my wys. Wanneer ek gaan lê en ek bid, dan wys God vir my dinge. Ek sien iemand kom, maar nie nou nie, Ek sien hom, maar hy is nie naby nie. Daar sal 'n ster uit die volk Israel kom, 'n koning sal uit die Israeliete kom, en hy sal trap op die grense van die land Moab, hy sal die nageslag van Set verwoes. Die Israeliete sal die land Edom vir hulleself vat, die land Seïr sal behoort aan die vyande van die land. Maar Israel sal 'n sterk volk wees. Iemand van die nageslag van Jakob sal regeer, en hy sal die mense doodmaak wat wegvlug uit die stad Ir.”
NUMERI 24:15-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe het hy sy spreuk aangehef en gesê: Bíleam, die seun van Beor, spreek, en die man met geopende oog spreek. Die hoorder van die woorde van God spreek, en hy wat die wetenskap van die Allerhoogste ken, wat die gesigte van die Almagtige sien wat neerval en geopende oë het. Ek sien hom, maar nie nou nie, ek aanskou hom, maar nie naby nie: 'n ster kom te voorskyn uit Jakob, en 'n septer kom uit Israel op, en hy verbrysel die slape van die hoof van Moab en werp al die oorlogsugtiges omver. Ook sal Edom 'n besitting wees; en Seïr, sy vyande, sal 'n besitting wees, maar Israel neem toe in krag. En laat daar een uit Jakob heers en die vrygeraaktes uit die stede vernietig.
NUMERI 24:15-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Bileam het toe met hierdie uitspraak gekom: “Die openbaring aan Bileam seun van Beor, die openbaring aan 'n man wie se oë geopen is, die openbaring aan een wat die woorde van God hoor, wat sy kennis ontvang het van die Allerhoogste, wat in gebed neerval, en sy oë word geopen: Ek sien hom, maar hy kom nie nou al nie, ek kyk na hom, maar hy is nie naby nie, daar kom 'n ster uit Jakob, daar staan 'n heerser in Israel op. Hy verpletter die voorkop van Moab, hy vernietig al die opstandiges. Edom sal verower word, Seïr, die vyand van Israel, sal ingeneem word, maar Israel sal al sterker word. Een uit Jakob sal heers en hy sal dié vernietig wat uit Edom se hoofstad wegvlug.”
NUMERI 24:15-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het sy orakelspreuk aangehef en gesê: “Die uitspraak van Bileam, seun van Beor, ja, die uitspraak van die man met die geopende oog, die uitspraak van hom wat die woorde van God hoor, hy wat bekend is met die Allerhoogste se kennis, wat die Almagtige se visioene sien, wat neerval met geopende oë, ‘ Ek sien hom, maar dit is nie nou nie, ek neem hom waar, maar hy is nie naby nie. 'n Ster uit Jakob tree na vore, 'n heerserstaf uit Israel verskyn; hy verbrysel die slape van Moab, en vernietig al die kinders van Set. Edom word 'n besitting, ja, Seïr, sy vyande, word 'n besitting, maar Israel word al sterker. Hy sal heers uit Jakob; wie uit die stad ontvlug, bring hy om.’ ”
NUMERI 24:15-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het sy gelykenis opgeneem en gesê: Bíleam, die seun van Beor, het gesê, en die man wie se oë oop is, het gesê: Hy het gesê, wat die woorde van God gehoor het en die kennis van die Allerhoogste geken het, wat die gesig gesien het van die Almagtige, wat in beswyming verval het, maar sy oë oop het: Ek sal hom sien, maar nie nou nie; Ek sal hom aanskou, maar nie naby nie; daar sal 'n ster uit Jakob kom, en 'n septer sal uit Israel opgaan en die uithoeke van Moab tref en al die kinders van Sheth. En Edom sal 'n besitting wees, ook sal Seïr 'n besitting vir sy vyande wees; en Israel sal dapper handel. Uit Jakob sal hy kom wat heers, en hy sal die oorblywende van die stad vernietig.
NUMERI 24:15-19 Die Boodskap (DB)
Hierdie is wat Bileam die seun van Beor gesien het nadat die Here sy oë oopgemaak het. Dit is hy wat die Almagtige in ’n visioen sien met sy oë wawyd oop en wat voor Hom in gebed neerval. “Ek sien die toekoms, en ek sien die volk Israel. Daar sal ’n koning uit hierdie volk gebore word en hy sal soos ’n ster wees wat helder skyn. Hy sal Moab se leiers verslaan en Set se mense vernietig. Hy sal Edom verower en Seïr, wat nog altyd sy vyand was, se gebied inneem. Hy sal Israel op ’n triomftog lei. “Die regeerder kom uit Jakob. Hy sal die mense uit die stede wat oorgebly het, doodmaak.”
NUMERI 24:15-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy het toe die volgende boodskap gebring: “So sê Bileam, die seun van Beor, ’n man wie se oë oopgegaan het. Hy hoor die woorde van God en weet wat die Allerhoogste besluit het. Hy sien die visioene wat die Almagtige vir hom gee. Hy val op die grond neer met sy oë wawyd oop. Ek sien iets, maar dis nie onmiddellik nie. Ek sien hom, maar hy is nog nie naby nie. ’n Ster kom uit Jakob. ’n Septer kom uit Israel. Hy verpletter Moab se voorkop. Hy verwoes sy opstandige nageslag. Edom sal oorwin word. Seïr sal oorlogsbuit word vir sy vyande. Israel sal met mag oorwin. Uit Jakob sal ’n heerser opstaan. Hy sal hulle wat oorbly in die stad, vernietig.”