NUMERI 22:22
NUMERI 22:22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE het kwaad geword omdat hy gegaan het. Die HERE het ’n engel gestuur om hom langs die pad voor te keer. Bileam het op sy donkie gery. Daar was twee bediendes saam met hom.
NUMERI 22:22 Die Boodskap (DB)
Maar die Here het kwaad geword omdat Bileam saam met hulle gegaan het. Daarom het Hy die Engel van die Here gestuur om in Bileam se pad te kom staan. Bileam het op sy donkie gery met twee van die amptenare saam met hom.
NUMERI 22:22 Bybel vir almal (ABA)
Maar God het baie kwaad geword toe Bileam gaan. Die Engel van die Here het in die pad gaan staan om vir Bileam te stop. Bileam het op sy donkie gery, en sy twee slawe was by hom.
NUMERI 22:22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die toorn van God het ontvlam, omdat hy weggetrek het; en die Engel van die HERE het gaan staan in die pad as sy teëparty, terwyl hy op sy esel ry en sy twee dienaars by hom was.
NUMERI 22:22 Afrikaans 1983 (AFR83)
God het kwaad geword toe Bileam gaan, en die Engel van die Here het vir Bileam in die pad voorgestaan om hom te keer. Bileam het op sy donkie gery, en twee van sy amptenare was by hom.
NUMERI 22:22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar die toorn van God het ontbrand omdat hy op pad was. Terwyl Bileam op sy donkie ry, met twee van sy dienaars by hom, het die •Engel van die HERE as sy teenstander in die pad gaan staan.
NUMERI 22:22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En God se toorn het ontvlam omdat hy weggegaan het, en die Engel van die HERE het in die pad gestaan vir 'n teëstander teen hom. En hy het op sy esel gery, en sy twee dienaars was by hom.