NUMERI 14:21-23
NUMERI 14:21-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nogtans, so seker as Ek leef en die hele aarde vol sal word van my magtige teenwoordigheid, nie een van die manne wat my mag en die wonders wat Ek in Egipte en in die woestyn gedoen het, gesien het, en wat My nou oor en oor getart het en nie na my woorde geluister het nie, sal die land wat Ek met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het, sien nie. Nie een van hulle wat My geminag het, sal die land sien nie.
NUMERI 14:21-23 Bybel vir almal (ABA)
maar so seker soos Ek lewe, so seker soos Ek Koning is van die hele aarde, hierdie mense het gesien dat Ek die Koning is, hulle het die tekens gesien wat Ek in Egipte en in die woestyn gedoen het, maar hulle het My tien maal getoets en hulle het nie na My geluister nie. Daarom sal nie een van hulle die land sien wat Ek aan hulle voorvaders belowe het nie. Nie een van die mense wat gewys het dat Ek nie vir hulle belangrik is nie, sal die land sien nie.
NUMERI 14:21-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar so waar as Ek leef en die hele aarde van die HERE se heerlikheid vol sal word, al die manne wat my heerlikheid en my tekens gesien het wat Ek in Egipte en in die woestyn gedoen het, en My nou al tien maal versoek het en na my stem nie geluister het nie, hulle sal die land nie sien wat Ek aan hulle vaders met 'n eed beloof het nie, ja, almal wat My verag het, sal dit nie sien nie.
NUMERI 14:21-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar aan die ander kant, so seker as wat Ek leef, en so seker as wat die heerlikheid van die HERE die hele aarde vul, niemand van al die manne wat my heerlikheid en my tekens gesien het wat Ek in Egipte en in die woestyn gedoen het, en My nou al tien keer uitgedaag het, en na my stem nie geluister het nie, sal die land sien wat Ek aan hulle voorouers met 'n eed beloof het nie. Ja, almal wat My minag, sal dit nie sien nie.
NUMERI 14:21-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar so waar as wat Ek leef, die hele aarde sal vol wees met die heerlikheid van die HERE. Omdat al daardie manne wat my heerlikheid en my wonders gesien het, wat ek in Egipte en in die woestyn gedoen het, en my nou al tien maal versoek het en nie na my stem geluister het nie; Waarlik, hulle sal die land nie sien wat Ek aan hulle vaders met 'n eed beloof het nie, en niemand van die wat My geterg het, sal dit sien nie.
NUMERI 14:21-23 Die Boodskap (DB)
Maar so seker as wat Ek leef en Ek die hele aarde met my magtige teenwoordigheid volmaak, nie een van hierdie mense sal ooit in hierdie land ingaan nie. Al het hulle my groot krag en al die wondertekens gesien wat Ek in Egipte en ook in die woestyn gedoen het, het hulle My steeds bly uittart. Hulle het hulle geheel en al nie aan My gesteur nie. Daarom sal hulle nooit die land sien wat Ek met ’n plegtige belofte aan hulle voorouers beloof het nie. Nie een van hierdie spul wat my groot Naam onder hulle voete vertrap het, sal hulle voete in die land sit nie.
NUMERI 14:21-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar so seker as wat Ek leef en die aarde vol is van die HERE se groot mag, nie een van hierdie mans wat gesien het hoe groot Ek is en watter wondertekens Ek in Egipte en die woestyn gedoen het en wat My herhaaldelik getoets het deur nie na My te luister nie, nie een van hulle wat My verag het, sal in die land kom wat Ek aan hulle voorouers beloof het nie.