NUMERI 14:2-4
NUMERI 14:2-4 Die Boodskap (DB)
Hulle het teen Moses en Aäron in opstand gekom en gesê: “As ons maar eerder in Egipte of in die woestyn doodgegaan het, dan was dit baie beter! Hoekom het die Here ons na die land toe gebring as ons in elk geval net doodgemaak gaan word en ons vroue en kinders as gevangenes weggevat gaan word? Miskien is dit vir ons beter om terug te gaan Egipte toe!” Hulle het toe onder mekaar begin planne maak: “Kom ons kies vir ons ’n nuwe leier wat ons sal terugvat Egipte toe.”
NUMERI 14:2-4 Bybel vir almal (ABA)
Al die Israeliete het vir Moses en Aäron beskuldig. Die hele vergadering het vir hulle gesê: “Ons wens ons het in Egipte gesterf of hier in die woestyn, ons wens ons was dood. Hoekom bring die Here ons na hierdie land om in oorlog te sterf? Die vyande sal ons vroue en kinders vir hulleself vat. Dit sal vir ons beter wees as ons teruggaan na Egipte.” Hulle het vir mekaar gesê: “Kom ons kies 'n leier en gaan terug na Egipte.”
NUMERI 14:2-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En al die kinders van Israel het gemurmureer teen Moses en teen Aäron, en die hele vergadering het aan hulle gesê: Ag, as ons maar in Egipteland gesterf het! Of as ons maar hier in die woestyn gesterf het! En waarom bring die HERE ons na hierdie land om deur die swaard te val? Ons vroue en ons kinders sal 'n buit word. Sal dit nie beter vir ons wees om na Egipte terug te gaan nie? En hulle sê vir mekaar: Laat ons 'n hoof aanstel en na Egipte teruggaan.
NUMERI 14:2-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Al die Israeliete was in verset teen Moses en Aäron, en die hele vergadering het vir hulle gesê: “As ons maar in Egipte of in hierdie woestyn gesterf het! Waarom het die Here ons na hierdie land toe gebring? Net om doodgemaak te word? Ons vrouens en kinders sal krygsgevangenes word. Is dit nie vir ons beter om na Egipte toe terug te gaan nie?” Hulle het toe vir mekaar gesê: “Kom ons kies 'n leier en gaan terug Egipte toe!”
NUMERI 14:2-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Al die Israeliete het by Moses en Aäron gemor en die hele volksvergadering het vir hulle gesê: “Het ons maar in Egipteland gesterf; of het ons maar in hierdie woestyn gesterf! Waarom bring die HERE ons na hierdie land, net om deur die swaard te val? Ons vroue en ons jong kinders gaan buit word! Is dit nie vir ons beter om na Egipte terug te keer nie?” Hulle sê toe vir mekaar: “Kom ons wys 'n leier aan en gaan terug na Egipte.”
NUMERI 14:2-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En al die kinders van Israel het teen Moses en teen Aäron gemurmureer, en die hele vergadering het vir hulle gesê: Mag ons tog maar in Egipteland gesterf het! of sou God ons in hierdie woestyn gesterf het! En waarom het die HERE ons na hierdie land gebring om deur die swaard te val, sodat ons vroue en ons kinders 'n prooi sou word? was dit nie vir ons beter om na Egipte terug te keer nie? En hulle het vir mekaar gesê: Laat ons 'n owerste aanstel en na Egipte teruggaan.
NUMERI 14:2-4 Die Boodskap (DB)
Hulle het teen Moses en Aäron in opstand gekom en gesê: “As ons maar eerder in Egipte of in die woestyn doodgegaan het, dan was dit baie beter! Hoekom het die Here ons na die land toe gebring as ons in elk geval net doodgemaak gaan word en ons vroue en kinders as gevangenes weggevat gaan word? Miskien is dit vir ons beter om terug te gaan Egipte toe!” Hulle het toe onder mekaar begin planne maak: “Kom ons kies vir ons ’n nuwe leier wat ons sal terugvat Egipte toe.”
NUMERI 14:2-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Al die Israeliete het by Moses en Aäron kom kla. Hulle het gesê: “As ons tog maar liewer in Egipte gesterf het, of selfs hier in die woestyn! Hoekom het die HERE ons na hierdie land toe laat kom om hier met die swaard doodgemaak te word? Ons vroue en ons dogters gaan nog oorlogsbuit word. Is dit nie beter dat ons maar liewer na Egipte toe teruggaan nie?” Hulle het toe onder mekaar gekonkel: “Kom ons kies ’n leier en ons gaan terug na Egipte toe.”