NEHEMIA 9:15
NEHEMIA 9:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Brood uit die hemel het U aan hulle gegee vir hulle honger; water uit 'n rots het U vir hulle laat ontspring vir hulle dors. U het vir hulle gesê om in te gaan, die land in besit te neem, die land waaroor U u hand opgehef het om dit aan hulle te gee.
NEHEMIA 9:15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Toe hulle honger was, het U uit die hemel vir hulle brood gegee. Toe hulle dors was, water uit die rots. U het hulle opdrag gegee om die land in te neem wat U met ’n eed aan hulle beloof het.
NEHEMIA 9:15 Die Boodskap (DB)
Toe hulle honger was, het U vir hulle brood uit die hemel gegee. Toe hulle dors was, het U water uit ’n rots laat stroom waarvan hulle kon drink. U opdrag aan hulle was om die land wat U aan hulle belowe het, in besit te gaan neem.
NEHEMIA 9:15 Bybel vir almal (ABA)
Toe hulle honger was, het U vir hulle kos gegee uit die hemel, en toe hulle dors was, het U vir hulle water uit 'n rots laat kom. U het vir hulle gesê hulle moet kom en hulle moet die land vat wat U vir hulle belowe het.
NEHEMIA 9:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En U het hulle brood gegee uit die hemel vir hulle honger en water vir hulle uit die rots laat uitkom vir hulle dors, en aan hulle gesê om die land in besit te gaan neem waaromtrent U u hand opgehef het om hulle dit te gee.
NEHEMIA 9:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
U het vir hulle brood gegee uit die hemel toe hulle honger was, vir hulle water uit 'n rots laat stroom toe hulle dors was. U het gesê hulle kan die land in besit kom neem wat U met 'n eed beloof het om aan hulle te gee.
NEHEMIA 9:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Brood uit die hemel het U aan hulle gegee vir hulle honger; water uit 'n rots het U vir hulle laat ontspring vir hulle dors. U het vir hulle gesê om in te gaan, die land in besit te neem, die land waaroor U u hand opgehef het om dit aan hulle te gee.
NEHEMIA 9:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En vir hulle brood uit die hemel gegee vir hulle honger, en vir hulle uit die rots water uitgebring vir hulle dors, en hulle beloof om in te gaan om die land in besit te neem wat U met 'n eed gesweer het om aan hulle te gee.