NEHEMIA 5:3
NEHEMIA 5:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Party het gesê: “Ons moes vanweë die hongersnood ons lande, ons wingerde en ons huise verpand om koring in die hande te kry.”
NEHEMIA 5:3 Die Boodskap (DB)
Ander het gesê: “Ons moes al ons lande, wingerde en huise verkoop net om kos in die hande kry.”
NEHEMIA 5:3 Bybel vir almal (ABA)
Party het gesê: “Daar is baie min kos. Ons moes ons koringlande en ons wingerde en ons huise gee om koring te kry.”
NEHEMIA 5:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En ander het gesê: Ons lande en ons wingerde en ons huise moes ons verpand, sodat ons koring kon koop in die hongersnood!
NEHEMIA 5:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dan was daar dié wat gesê het: “Ons landerye, ons wingerde en ons huise moes ons verpand, sodat ons koring kon koop in die hongersnood.”