NEHEMIA 5:18
NEHEMIA 5:18 Bybel vir almal (ABA)
Ek het elke dag 'n bees en ses vet skape laat slag en ek het ook hoenders laat gaarmaak, en elke tiende dag het ek ook baie wyn vir almal gegee. Maar ek het nie die geld gevra wat 'n goewerneur kon kry om kos te koop nie, want hierdie volk moes hard werk.
NEHEMIA 5:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En wat vir elke dag berei is — een bees, ses uitgesoekte stuks kleinvee en voëls — is berei op my koste, en elke tien dae allerhande soorte wyn in oorvloed; en daarby het ek tog die brood van goewerneurs nie begeer nie, omdat die diens swaar was op hierdie volk.
NEHEMIA 5:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar moes elke dag 'n bees, ses slagskape en 'n klomp voëls vir my gaargemaak word, en om die tien dae moes daar 'n groot hoeveelheid wyn vir die menigte kom. Nogtans het ek nie die goewerneurstoelae geëis nie, want die werk was alreeds 'n swaar las op hierdie volk.
NEHEMIA 5:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En dit wat vir elke dag voorberei is, een bees, ses stuks uitgesoekte kleinvee en voëls, is voorberei op my koste; en elke tiende dag was daar van alle soorte wyn in oorvloed. Ondanks dit alles het ek die voedsel wat 'n streekgoewerneur toekom, nie geëis nie, omdat die werklas op hierdie volk swaar was.
NEHEMIA 5:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En wat daagliks vir my berei is, was een bees en ses uitgesoekte skape; ook is daar vir my voëls berei en een maal in die tien dae van allerhande soorte wyn opgegaar; tog het ek die brood van die goewerneur nie geverg nie, omdat die slawerny swaar op hierdie volk was.
NEHEMIA 5:18 Die Boodskap (DB)
Ek het elke dag ’n bees, ses uitgesoekte slagskape en baie hoenders gaargemaak. Elke tien dae is daar ook ’n nuwe voorraad wyn aangeskaf. Ten spyte van al hierdie uitgawes wat ek uit my sak moes betaal, het ek nooit my goewerneurstoelaag geëis wat ek hiervoor kon gebruik nie. Ek het geweet hoe swaar die mense alreeds kry.
NEHEMIA 5:18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Elke dag moes hulle vir my ’n bees, ses slagskape en ’n groot hoeveelheid hoenders slag. Verder het ons elke tiende dag ’n groot verskeidenheid wyn nodig gehad. Ten spyte daarvan het ek geweier om die goewerneur se kostoelaag op te eis, want die werkslas op hierdie mense was alreeds baie swaar.