NAHUM 2:2
NAHUM 2:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want die HERE herstel die trots van Jakob soos wat die trots van Israel eers was, al het verwoesters hulle verwoes en hulle wingerdranke vernietig.
NAHUM 2:2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die land Israel lê kaal geplunder, verwoes ná julle invalle. Maar die HERE sal weer die eer en roem van Israel herstel.
NAHUM 2:2 Bybel vir almal (ABA)
Julle het die Israeliete se goed weggevat en julle het hulle wingerdstokke verwoes, maar Ek sal die Israeliete weer so sterk maak soos hulle was.”
NAHUM 2:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want die HERE herstel die heerlikheid van Jakob net soos die heerlikheid van Israel; want plunderaars het hulle geplunder en hulle wingerdlote verniel.
NAHUM 2:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here gaan die eer van Jakob, van Israel, herstel soos dit vroeër was, al is hulle kaal geplunder en hulle wingerde verwoes.