MARKUS 9:9
MARKUS 9:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Terwyl hulle van die berg afkom, het Jesus hulle opdrag gegee om wat hulle gesien het, vir niemand te vertel voordat die Seun van die mens uit die dood opgestaan het nie.
MARKUS 9:9 Die Boodskap (DB)
Terwyl hulle so van die berg afstap, vra Jesus hulle mooi om vir niemand te vertel wat gebeur het voordat die Seun van die mens uit die dood opgestaan het nie.
MARKUS 9:9 Bybel vir almal (ABA)
Jesus en sy dissipels het afgekom van die berg, en Jesus het vir hulle gesê hulle moet vir niemand vertel wat hulle gesien het nie. Hulle kon dit vertel nadat Hy, die Seun van die mens, weer begin lewe het.
MARKUS 9:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En onderwyl hulle van die berg afklim, gee Hy aan hulle bevel om aan niemand te vertel wat hulle gesien het voordat die Seun van die mens uit die dode opgestaan het nie.
MARKUS 9:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Terwyl hulle die berg afgaan, het Jesus hulle beveel om niemand te vertel wat hulle gesien het voordat die •Seun van die Mens uit die dood opgestaan het nie.