MARKUS 7:9-13
MARKUS 7:9-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het ook vir hulle gesê: “Julle verstaan die kuns goed om die gebod van God opsy te skuif en sodoende julle tradisie te handhaaf. Want Moses het gesê, ‘Eer jou vader en jou moeder,’ en ‘Wie sy vader of moeder beledig, laat hy beslis doodgemaak word.’ Maar julle sê, ‘As 'n mens vir jou vader of moeder sê, “Watter voordeel u ook al van my sou kon ontvang, dit is korban” – dit is 'n offergawe – dan hoef 'n mens hoegenaamd niks meer vir sy vader of moeder te doen nie.’ So ontneem julle die woord van God sy gesag deur die tradisie wat julle oorgelewer het, en julle doen ook nog baie soortgelyke dinge.”
MARKUS 7:9-13 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het ook vir hulle gesê: “Julle vergeet God se wette maklik, sodat julle kan aanhou doen wat julle voorouers altyd gedoen het. Moses het gesê: ‘ Jy moet jou ouers respekteer.’ Hy het ook gesê: ‘ As iemand sy pa of sy ma vervloek, dan moet hy sterf. Dit is seker!’ Maar julle sê iemand mag vir sy pa of vir sy ma sê: ‘Ek kan julle nie help nie, want die goed wat ek vir julle moes gee, is nou korban, dit beteken ek het dit vir die Here gegee.’ Julle sê vir hom hy moenie sy pa of sy ma help nie. Julle doen nooit wat God vir julle sê nie, julle doen net wat julle voorouers vir julle gesê het. Julle doen baie maal dinge soos hierdie.”
MARKUS 7:9-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy sê vir hulle: Julle verstaan dit goed om die gebod van God opsy te sit en so julle oorlewering te onderhou. Want Moses het gesê: Eer jou vader en jou moeder; en: Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe. Maar julle sê: As 'n mens aan vader of moeder sê: Enige voordeel wat u van my mag geniet, is korban, dit is 'n offergawe — dan laat julle hom nie meer toe om iets vir sy vader of sy moeder te doen nie. So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie.
MARKUS 7:9-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het verder vir hulle gesê: “Julle verstaan die kuns goed om die gebod van God opsy te skuiwe en julle oorgelewerde gebruike in stand te hou. Moses het gesê: ‘Eer jou vader en jou moeder’ en: ‘Wie sy vader of sy moeder vloek, moet sekerlik doodgemaak word.’ Maar julle sê: ‘Iemand kan vir sy pa of sy ma sê: Enige gawe wat u van my sou kon kry, is korban,’ dit wil sê: 'n offergawe vir God. En so laat julle hom toe om hoegenaamd niks vir sy pa of sy ma te doen nie. So ontneem julle die woord van God sy gesag deur julle oorgelewerde gebruike wat julle op julle beurt weer oorgelewer het. Daar is ook nog baie ander sulke dinge wat julle doen.”
MARKUS 7:9-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Hy sê vir hulle: Ten volle verwerp julle die gebod van God, sodat julle jul eie oorlewering kan onderhou. Want Moses het gesê: Eer jou vader en jou moeder; en: Wie vader of moeder vloek, laat hom die dood sterwe. Maar julle sê: As 'n man vir sy vader of moeder sê: Dit is Corban, dit wil sê 'n gawe, deur alles wat jy van my kan baat; hy sal vry wees. En julle laat hom nie meer toe om iets vir sy vader of sy moeder te doen nie; en maak die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle oorgelewer het, en sulke dinge doen julle baie.
MARKUS 7:9-13 Die Boodskap (DB)
“Julle is goed daarmee om God se wil eenkant toe te skuif en julle eie tradisies in die plek daarvan te sit. Moses het mos gesê: ‘Respekteer jou pa en ma’ en ‘as iemand sy pa of ma slegmaak en verneder, moet hy doodgemaak word.’ Maar kyk wat het julle met Moses se woorde gemaak. Julle sê dat iemand vir sy ouers kan sê: ‘Jammer, ek het niks om vir julle te gee nie en ek kan julle ook nie help as julle hulp nodig het nie, want ek het al my goed vir die Here opsy gesit.’ Dan hoef hy niks meer met sy ouers te doen te hê of vir hulle te sorg nie. Wat God wil hê, word dus eenkant toe geskuif. Julle steur julle nie daaraan nie, maar dwing julle eie menslike tradisies op almal af en forseer hulle weer om dit vir hulle kinders te leer. En Ek kan nog baie ander sulke voorbeelde vir julle opnoem.”
MARKUS 7:9-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy sê toe weer vir hulle: “Julle verstaan die fyn kuns om God se opdrag opsy te skuif sodat julle julle tradisie kan handhaaf! Moses het byvoorbeeld vir julle hierdie opdrag van God gegee: ‘Behandel jou ouers met respek,’ en: ‘Iemand wat sy pa of ma vloek, moet doodgemaak word.’ Julle sê egter dit is heeltemal in orde as iemand vir sy ouers sê: ‘Jammer, ek kan Pa en Ma nie help nie. Ek het alles waarmee ek vir Pa en Ma kon gehelp het, reeds aan die Here toegewy.’ “So veroorsaak julle dat hy sy ouers heeltemal verwaarloos en verbreek julle God se opdrag ten gunste van julle tradisie. Dit is maar net een voorbeeld. Daar is baie meer.”