MARKUS 6:49-50
MARKUS 6:49-50 Die Boodskap (DB)
Toe die son sy kop begin uitsteek, stap Jesus op die water na hulle toe. Hy wou langs hulle verbystap, maar toe hulle Hom op die water sien loop, dog hulle dit is ’n spook. Hulle het hulle spierwit geskrik. Jesus stel hulle toe dadelik gerus: “Moenie so skrik nie, dit is net Ek. Julle hoef nie bang te wees nie.”
MARKUS 6:49-50 Bybel vir almal (ABA)
Toe sy dissipels Hom op die water sien loop, het hulle gedink dit is 'n spook en hulle het hard geskree. Al die dissipels het Hom gesien en hulle het baie bang geword. Jesus het dadelik met hulle gepraat en vir hulle gesê: “Toemaar, dit is Ek! Moenie bang wees nie.”
MARKUS 6:49-50 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe hulle Hom op die see sien loop, het hulle gemeen dat dit 'n spook was en hard uitgeskreeu; want hulle het Hom almal gesien en was ontsteld. Toe spreek Hy dadelik met hulle en sê vir hulle: Hou goeie moed, dit is Ek; moenie vrees nie.
MARKUS 6:49-50 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe hulle Hom op die see sien loop, het hulle gedink dit is 'n spook. Hulle het hard geskreeu, want hulle het Hom almal gesien en groot geskrik. Maar Hy het dadelik met hulle gepraat en vir hulle gesê: “Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie.”
MARKUS 6:49-50 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar toe hulle Hom op die see sien loop, het hulle gedink dit is 'n spook , en hulle het hard geskreeu; want hulle almal het Hom gesien en was vreesbevange. Maar Hy het dadelik met hulle gepraat en vir hulle gesê: “Hou moed, dit is Ek! Moenie langer bang wees nie!”
MARKUS 6:49-50 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar toe hulle Hom op die see sien loop, het hulle gedink dat dit 'n gees was, en het uitgeroep: Want almal het Hom gesien en was ontsteld. En dadelik het Hy met hulle gespreek en vir hulle gesê: Hou goeie moed! Dit is Ek; wees nie bang nie.
MARKUS 6:49-50 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe hulle Hom so op die see sien loop, het hulle hard begin skree, want hulle het gedink dis ’n spook. Hulle was almal verskrik toe hulle Hom sien. Maar Jesus het hulle dadelik gerusgestel en gesê: “Toemaar, moet julle nie ontstel nie. Dit is Ek.”