MARKUS 6:30-32
MARKUS 6:30-32 Bybel vir almal (ABA)
Die apostels het teruggekom na Jesus toe en hulle het vir Hom alles vertel wat hulle gedoen het en wat hulle vir die mense geleer het. Mense het aanhoudend na Jesus toe gekom en hulle het nie tyd gehad om te eet nie. Jesus sê toe vir sy dissipels: “Julle moet saam met My na 'n stil plek gaan sodat julle 'n bietjie kan rus.” Hulle het in 'n boot weggegaan na 'n stil plek om alleen te wees.
MARKUS 6:30-32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN die apostels het by Jesus saamgekom en Hom alles vertel wat hulle gedoen sowel as wat hulle geleer het. En Hy sê vir hulle: Kom julle self in die eensaamheid na 'n verlate plek en rus 'n bietjie. Want daar was baie wat kom en gaan, en hulle het selfs geen geskikte tyd gehad om te eet nie. En hulle het met die skuit vertrek na 'n verlate plek in die eensaamheid.
MARKUS 6:30-32 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die apostels het na Jesus toe teruggekom en vir Hom alles vertel wat hulle gedoen en wat hulle die mense geleer het. Daar was baie mense wat gedurig gekom en gegaan het, sodat Jesus en sy dissipels selfs nie kans gehad het om iets te eet nie. Hy sê toe vir hulle: “Kom julle alleen saam na 'n stil plek toe en rus 'n bietjie.” Hulle het met 'n skuit na 'n stil plek toe vertrek waar hulle alleen kon wees.
MARKUS 6:30-32 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En die •apostels het by Jesus byeengekom en Hom alles vertel wat hulle gedoen en onderrig het. Hy sê toe vir hulle: “Kom julle saam na 'n verlate plek en rus 'n bietjie op julle eie.” Want daar was baie mense wat voortdurend gekom en gegaan het; hulle het selfs nie kans gekry om te eet nie. En hulle het in 'n boot vertrek na 'n verlate plek om op hulle eie te wees.
MARKUS 6:30-32 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die apostels het by Jesus vergader en Hom alles vertel, wat hulle gedoen het en wat hulle geleer het. En Hy sê vir hulle: Kom julle self afsonderlik na 'n verlate plek en rus 'n rukkie, want daar was baie wat gekom en gegaan het, en hulle het geen tyd gehad om te eet nie. En hulle het afsonderlik per skip na 'n verlate plek vertrek.
MARKUS 6:30-32 Die Boodskap (DB)
Die mense wat Jesus uitgestuur het, het na ’n ruk teruggekom. Hulle het Jesus alles vertel wat hulle gedoen en gesê het. Maar dit was omtrent soos ’n malhuis rondom Jesus. Mense het so gekom en gegaan dat Jesus-hulle nie eens ’n kans gekry het om te eet nie. Jesus stel toe voor dat net hulle klein groepie saam na ’n stil plek gaan om ’n bietjie te gaan rus. Hulle is toe saam in ’n skuit na ’n plek waar hulle op hulle eie kon wees.
MARKUS 6:30-32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die apostels het na Jesus toe teruggekom en vir Hom alles vertel wat hulle gedoen en wat hulle die mense geleer het. Omdat daar voortdurend talle mense gekom en gegaan het sodat hulle selfs nie kans gekry het om te eet nie, het Jesus toe vir hulle gesê: “Kom julle nou self eenkant toe na ’n stil plek en skep ’n bietjie asem.” Hulle het toe per skuit na ’n stil plek vertrek waar hulle alleen kon wees.