MARKUS 5:21-24
MARKUS 5:21-24 Bybel vir almal (ABA)
Daarna het Jesus weer in die boot na die ander kant van die see gegaan. 'n Klomp mense het daar langs die see by Hom bymekaargekom. Jaïrus, een van die hoofde van die sinagoge, het daar aangekom. Toe hy vir Jesus sien, het hy voor Hom op die grond geval en vir Jesus gesoebat: “My dogtertjie is baie siek en sy gaan sterf. Kom sit asseblief u hande op haar sodat sy gesond kan word en kan lewe.” Jesus het saam met Jaïrus gegaan. 'n Klomp mense het ook saamgegaan en hulle was so baie dat hulle teen Jesus gedruk het.
MARKUS 5:21-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN toe Jesus weer in die skuit oorgevaar het na die ander kant, het 'n groot menigte by Hom vergader. En Hy was by die see. En daar kom een van die owerstes van die sinagoge met die naam van Jaïrus; en toe hy Hom sien, val hy aan sy voete neer en smeek Hom dringend en sê: My dogtertjie is op haar uiterste; kom lê haar die hande op, sodat sy gesond kan word, en sy sal lewe. En Hy het saam met hom gegaan. En 'n groot menigte het Hom gevolg en Hom verdring.
MARKUS 5:21-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus het daarna met die skuit teruggevaar oorkant toe en toe Hy nog daar by die see was, het 'n groot menigte om Hom saamgedrom. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy knieë voor Hom en smeek Hom dringend: “My dogtertjie lê op haar uiterste. Kom lê tog u hande op haar, sodat sy kan gesond word en lewe.” Hy het saam met hom gegaan. 'n Groot menigte het agter Hom aan gegaan en hulle het van alle kante af teen Hom gedruk.
MARKUS 5:21-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nadat Jesus weer met die boot na die oorkant gevaar het, het 'n groot skare om Hom saamgedrom waar Hy langs die see was. Een van die leiers van die •sinagoge, met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. En toe hy Hom sien, val hy voor sy voete neer en smeek Hom ernstig: “My dogtertjie lê op sterwe. Kom lê u hande op haar, sodat sy gesond kan word en leef.” Jesus het saam met hom vertrek. 'n Groot skare het Hom gevolg en teen Hom gedruk.
MARKUS 5:21-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Jesus weer per skip oorgevaar is na die oorkant, het baie mense by Hom saamgedrom, en Hy was naby die see. En kyk, daar kom een van die owerstes van die sinagoge met die naam van Jaïrus; en toe hy hom sien, val hy voor sy voete neer, En hy het hom baie gesmeek en gesê: My dogtertjie lê op die punt van die dood. Kom tog en lê jou hande op haar, dat sy gesond kan word; en sy sal lewe. En Jesus het saam met hom gegaan; en baie mense het Hom gevolg en Hom saamgedrom.
MARKUS 5:21-24 Die Boodskap (DB)
Na die episode met die Geraseners is Jesus weer met die skuit terug na die oorkant toe. Toe Hy op die strand uitklim, het ’n massa mense om Hom saamgedrom. Onder die mense was Jaïrus. Hy was ’n belangrike man, want hy was die leier van die sinagoge waar die Jode bymekaargekom het. Toe hy Jesus sien, val hy voor Hom neer en gryp sy voete vas. Uit sy hart uit het hy Jesus begin smeek: “My dogtertjie is besig om dood te gaan. Asseblief, kom vat net aan haar en ek weet sy sal bly leef. Asseblief!” Jesus is toe saam met hom. Die mense is agter hulle aan en het rondom Jesus gedruk en gebondel.
MARKUS 5:21-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daarna het Jesus weer per skuit die see oorgesteek. Daar het ’n groot skare op die strand om Hom saamgedrom. ’n Leier van die plaaslike sinagoge, ’n man met die naam Jaïrus, kom toe na Hom toe. Toe hy Jesus sien, val hy voor Hom neer en pleit ernstig by Hom: “My dogtertjie is op haar laaste. Kom sit tog u hande op haar sodat sy gesond kan word en bly lewe.” Jesus het toe saam met hom gegaan. ’n Groot klomp mense het agter Hom aan gekom en teen Hom saamgedrom.