MARKUS 3:7-12
MARKUS 3:7-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus het toe met sy dissipels teruggegaan na die see toe. 'n Menigte mense het van Galilea af agter Hom aan gegaan. Ook van Judea af, en uit Jerusalem en van Idumea en van oorkant die Jordaan en van rondom Tirus en Sidon af, het daar baie mense na Hom toe gekom toe hulle hoor wat Hy alles doen. Weens die gedrang het Hy vir sy dissipels gesê om vir Hom 'n skuitjie reg te hou sodat die mense Hom nie vertrap nie. Hy het baie mense gesond gemaak, sodat almal wat die een of ander siekte gehad het, Hom oorval het om aan Hom te raak. As mense wat van onrein geeste besete was, Hom sien, het hulle voor Hom neergeslaan en geskreeu: “U is die Seun van God!” Maar Hy het hulle baie uitdruklik belet om bekend te maak wie Hy is.
MARKUS 3:7-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus het saam met sy dissipels na die see teruggegaan, en 'n groot menigte uit Galilea het Hom gevolg. Ook uit Judea, Jerusalem, Idumea, van oorkant die Jordaan, en uit die omgewing van Tirus en Sidon, het 'n groot menigte na Hom gekom toe hulle hoor wat Hy alles doen. Hy het toe vir sy dissipels opdrag gegee om vir Hom 'n skuit gereed te hou om te voorkom dat die skare Hom vertrap. Hy het immers baie mense gesond gemaak, sodat almal wat aan kwale gely het, om Hom saamgedrom het om aan Hom te raak. En die •onrein geeste het elke keer wanneer hulle Hom sien, voor Hom neergeval en hard geskree: “U is die •Seun van God!” Hy het hulle uitdruklik opdrag gegee om Hom nie bekend te laat word nie.
MARKUS 3:7-12 Die Boodskap (DB)
Jesus is weer met sy volgelinge see toe. ’n Groot groep mense uit Galilea is saam met hulle. Maar die nuus oor alles wat Jesus gedoen het, het ver oor die grense van Galilea versprei. Uit alle rigtings soos Judea en Jerusalem, selfs van Idumea, Tirus en Sidon en van die oorkant van die Jordaan af het die mense gekom. Jesus vra toe sy dissipels om ’n klein bootjie reg te hou sodat Hy daarin kon klim as die mense te veel om Hom saamdrom. Jesus het baie mense gesond gemaak en daarom het almal wat siek was vorentoe gebeur om net aan Hom te kon raak. Elke keer as iemand met ’n bose gees Hom gesien het, het hy op die grond voor Hom neergeval en uitgegil: “Jy is die Seun van God.” Maar Hy het hulle ernstig verbied om te sê wie Hy is.
MARKUS 3:7-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus het saam met sy dissipels na die see toe gegaan. ’n Groot skare het agter Hom aan gekom – van Galilea, Judea, Jerusalem, Idumea, oorkant die Jordaan, en selfs van so ver as Tirus en Sidon. Die nuus van wat Hy gedoen het, het wyd versprei en ’n groot menigte mense het na Hom toe gekom. Jesus het aan sy dissipels opdrag gegee om ’n bootjie vir Hom gereed te hou om te voorkom dat die skare Hom vertrap. Hy het daardie dag baie mense gesond gemaak met die gevolg dat almal met die een of ander kwaal Hom oorval het sodat hulle aan Hom kon raak. Telkens wanneer dié wat van onrein geeste besete was Hom sien, het hulle voor Hom neergeval en geskree: “Jy is die Seun van God!” Maar Jesus het hulle streng gewaarsku om nie te sê wie Hy is nie.
MARKUS 3:7-12 Bybel vir almal (ABA)
Jesus en sy dissipels het teruggegaan na die see en 'n klomp mense van die provinsie Galilea het saam met Hom gegaan. Daar het ook baie mense van die provinsie Judea gekom, en van Jerusalem, en van die ander kant van die Jordaan-rivier en van die plekke rondom die stede Tirus en Sidon. Hulle het na Jesus toe gekom, want hulle het gehoor van die dinge wat Hy doen. Jesus het vir sy dissipels gesê hulle moet vir Hom 'n bootjie kry. Daar was so baie mense dat Jesus bang was hulle druk teen Hom en maak Hom seer. Jesus het baie mense gesond gemaak, en almal wat siek was, wou by Jesus kom en aan Hom raak. Daar was ook mense wat onrein geeste in hulle gehad het. Elke maal wanneer hulle Jesus gesien het, het hulle voor Hom op die grond geval en geskree: “U is die Seun van God,” maar Jesus het gesê hulle mag glad nie sê wie Hy is nie.
MARKUS 3:7-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Jesus het met sy dissipels teruggegaan na die see toe, en 'n groot menigte het Hom gevolg uit Galiléa en Judéa en Jerusalem en Iduméa en van oorkant die Jordaan af. En die wat om Tirus en Sidon gewoon het, 'n groot menigte, het na Hom gekom toe hulle hoor wat Hy alles doen. En Hy het aan sy dissipels gesê dat 'n skuitjie altyd vir Hom moes klaar lê vanweë die skare, sodat hulle Hom nie miskien sou verdring nie. Want Hy het baie gesond gemaak, sodat almal wat vol kwale was, op Hom toegeloop het om Hom aan te raak. En elke keer as die onreine geeste Hom sien, het hulle voor Hom neergeval en geskreeu en gesê: U is die Seun van God! En Hy het hulle herhaaldelik streng gebied om Hom nie bekend te maak nie.
MARKUS 3:7-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar Jesus het Hom saam met sy dissipels na die see teruggetrek, en 'n groot menigte uit Galilea het Hom gevolg en uit Judéa, En van Jerusalem en van Idumaea en van oorkant die Jordaan; en hulle van Tirus en Sidon, 'n groot menigte, het na hom gekom toe hulle hoor watter groot dinge hy gedoen het. En Hy het met sy dissipels gesê dat 'n klein skippie op Hom moes wag vanweë die menigte, dat hulle Hom nie sou verdring nie. Want Hy het baie genees; soveel dat hulle hom aangedring het om hom aan te raak, almal wat plae gehad het. En toe die onreine geeste Hom sien, val hulle voor Hom neer en roep en sê: U is die Seun van God. En hy het hulle streng bevel gegee om hom nie bekend te maak nie.