MARKUS 3:28-34
MARKUS 3:28-34 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Voorwaar Ek sê vir julle, al die sondes sal die mensekinders vergewe word en al die lasteringe wat hulle mag uitgespreek het; maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel — omdat hulle gesê het: Hy het 'n onreine gees. SY broers en sy moeder het toe gekom, en terwyl hulle buite staan, stuur hulle na Hom om Hom te roep. En 'n skare het rondom Hom gesit Hulle sê toe vir Hom: U moeder en u broers soek U daarbuite. En Hy antwoord hulle en sê: Wie is my moeder of my broers? En Hy kyk rond na die wat rondom Hom sit, en sê: Dáár is my moeder en my broers!
MARKUS 3:28-34 Bybel vir almal (ABA)
Ek sê vir julle, en dit is seker: God sal mense vergewe wanneer hulle sonde doen en sleg praat van iemand. Maar as iemand iets sleg sê teen die Heilige Gees, dan sal God dit nooit vergewe nie. So iemand sal altyd skuldig wees.” Jesus het dit gesê omdat die mense gesê het: “Hy het 'n onrein gees in hom.” Jesus se ma en sy broers het na Hom toe gekom. Hulle het buite bly staan, en hulle het 'n boodskap na Hom toe gestuur om Hom te roep. Baie mense het rondom Jesus gesit. Hulle het vir Hom gesê: “Kyk, jou ma en jou broers en jou susters is daar buite en hulle soek jou.” Jesus het vir hulle gevra: “Wie is my ma en my broers?” Hy kyk toe na die mense wat in 'n kring rondom Hom sit, en Hy sê: “Hierdie mense is my ma en my broers.
MARKUS 3:28-34 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Voorwaar Ek sê vir julle, al die sondes sal die mensekinders vergewe word en al die lasteringe wat hulle mag uitgespreek het; maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel — omdat hulle gesê het: Hy het 'n onreine gees. SY broers en sy moeder het toe gekom, en terwyl hulle buite staan, stuur hulle na Hom om Hom te roep. En 'n skare het rondom Hom gesit Hulle sê toe vir Hom: U moeder en u broers soek U daarbuite. En Hy antwoord hulle en sê: Wie is my moeder of my broers? En Hy kyk rond na die wat rondom Hom sit, en sê: Dáár is my moeder en my broers!
MARKUS 3:28-34 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Dit verseker Ek julle: Alles sal die mense vergewe kan word, al die sondige lastertaal wat hulle praat. Wie egter teen die Heilige Gees laster, word tot in ewigheid nie vergewe nie maar bly ewig skuldig aan die sonde.” Dit het Hy gesê omdat hulle gesê het: “Hy is van 'n onrein gees besete.” Sy moeder en sy broers het toe gekom. Hulle het buite bly staan en 'n boodskap na Hom toe gestuur om Hom te roep. 'n Menigte mense het rondom Hom gesit. Hulle sê toe vir Hom: “Kyk, u moeder en u broers en u susters daar buite soek U.” Maar Hy sê vir hulle: “Wie is my moeder en my broers?” Hy het die mense aangekyk wat in 'n kring om Hom sit en gesê: “Hier is my moeder en my broers!
MARKUS 3:28-34 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
•Amen, Ek sê vir julle: Alle sondes en lasteringe wat mense ook al uitgespreek het, sal hulle vergewe word, maar wie teen die Heilige Gees laster, kry tot in ewigheid geen vergewing nie, maar bly skuldig aan 'n ewige sonde. ” Want hulle het gesê: “Hy het 'n onrein gees.” Sy moeder en sy broers het daar aangekom, en terwyl hulle buite bly staan, het hulle iemand na Hom gestuur om Hom te roep. 'n Skare het rondom Hom gesit, en hulle sê toe vir Hom: “Kyk, u moeder en u broers en u susters is daar buite en soek U.” Maar Hy antwoord hulle en vra: “Wie is my moeder en my broers?” Hy het na die mense gekyk wat rondom Hom sit, en gesê: “Kyk, hier is my moeder en my broers.
MARKUS 3:28-34 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Voorwaar Ek sê vir julle, alle sondes sal aan die mensekinders vergewe word, en lastering waarmee hulle ook al laster. Maar hy wat teen die Heilige Gees laster, het nooit vergifnis nie, maar is in gevaar van die ewige verdoemenis. Omdat hulle gesê het: Hy het 'n onrein gees. Daar het toe sy broers en sy moeder gekom en buite gestaan en na hom gestuur en hom geroep. En die skare het rondom hom gaan sit en vir hom gesê: Kyk, jou moeder en jou broers soek jou van buite. En hy antwoord hulle en sê: Wie is my moeder of my broers? En hy het rondom gekyk na die wat rondom hom sit, en gesê: Hier is my moeder en my broers!
MARKUS 3:28-34 Die Boodskap (DB)
Sowaar, Ek sê vir julle: daar is niks wat julle kan doen of sê wat so sleg is dat God dit nie kan vergewe nie, selfs al praat julle lelik van Hom. Maar daar is een ding wat God net mooi niks van hou nie: dit is as mense sê dat die dinge wat die Gees doen van die duiwel af kom. God sal dit vir altyd teen so ’n persoon hou.” Dit het Jesus gesê omdat daar mense was wat beweer het dat ’n bose gees in Hom werk. Jesus se ma en broers kom toe juis daar aan. Hulle het buite gewag en iemand gevra om Jesus te gaan roep. Die mense het om Jesus gesit toe hulle Hom kom roep. “Jou ma en broers wag hier buite vir jou,” sê hulle. Jesus sê toe: “Wie is regtig my ma en broers?” Hy kyk toe na die mense wat om Hom sit en sê: “Hier is my regte familie.
MARKUS 3:28-34 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Ek verseker julle, elke sonde, ja, selfs elke lastering wat mense uitspreek, sal hulle vergewe word, maar wie teen die Heilige Gees laster, sal tot in ewigheid nie vergifnis kry nie. So iemand sal vir altyd skuldig bly.” Dit het Jesus gesê omdat hulle beweer het dat daar ’n onrein gees in Hom was. Jesus se ma en broers het juis toe daar aangekom. Hulle het buite bly staan en vir Hom laat weet dat Hy na hulle toe moes kom. Daar het ’n skare rondom Hom gesit. Hulle sê toe vir Hom: “Kyk, u ma en u broers en u susters staan buite en vra na U!” Jesus het geantwoord: “Wie is regtig my ma en my broers?” Daarop kyk Hy na dié wat so rondom Hom sit, en Hy sê: “Julle is my ma en my broers.