MARKUS 3:22
MARKUS 3:22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ook die skrifkenners wat afgekom het van Jerusalem, het gesê dat Hy Beëlsebul in Hom het en dat Hy deur die demone se aanvoerder die demone uitdryf.
MARKUS 3:22 Bybel vir almal (ABA)
Die skrifgeleerdes wat van Jerusalem gekom het, het gesê: “ Beëlsebul, die leier van die duiwels, is in hom. Beëlsebul help vir Jesus om die duiwels uit te jaag.”
MARKUS 3:22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die skrifgeleerdes wat van Jerusalem af gekom het, het gesê: Hy het Beëlsebul! en: Deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit.
MARKUS 3:22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die skrifgeleerdes wat van Jerusalem af gekom het, het gesê: “Hy is van Beëlsebul besete!” en “Dit is met die hulp van die aanvoerder van die bose geeste dat hy bose geeste uitdrywe.”
MARKUS 3:22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die skrifgeleerdes wat van Jerusalem afgekom het, het gesê: Hy het Beëlsebul, en deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit.