MARKUS 3:13-15
MARKUS 3:13-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus het teen die berg opgegaan en dié wat Hy wou hê, nader geroep, en hulle het na Hom toe gekom. Hy het toe twaalf, wat Hy apostels genoem het, aangestel om by Hom te bly sodat Hy hulle kon uitstuur om te preek. Hulle het ook die mag ontvang om bose geeste uit te drywe.
MARKUS 3:13-15 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het na die berg gegaan en Hy het die mense wat Hy daar wou hê, na Hom toe geroep. Hulle het na Hom toe gekom. Hy het twaalf manne gekies en Hy het hulle apostels genoem. Hulle moes by Hom bly. Hy wou hulle stuur sodat hulle kon gaan preek. Hy het vir hulle krag gegee om duiwels uit mense te jaag.
MARKUS 3:13-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN Hy het op die berg geklim en na Hom geroep die wat Hy wou hê, en hulle het na Hom gekom. En Hy het twaalf aangestel, sodat hulle saam met Hom kon wees en Hy hulle kon uitstuur om te preek en mag te hê om siektes te genees en die duiwels uit te dryf.
MARKUS 3:13-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het toe teen die berg uitgeklim. Hy het hulle op wie sy keuse geval het, nader geroep, en hulle het na Hom gekom. Hy het toe twaalf aangestel, wat Hy ook •apostels genoem het, sodat hulle saam met Hom kon wees, en Hy hulle kon uitstuur om te preek, en hulle volmag kon hê om demone uit te dryf.
MARKUS 3:13-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy klim op die berg en roep na hom wie hy wil, en hulle het na hom gekom. En hy het twaalf bepaal dat hulle by hom moes wees, en dat hy hulle kon uitstuur om te preek, En om mag te hê om siektes te genees en duiwels uit te dryf
MARKUS 3:13-15 Die Boodskap (DB)
Later het Jesus berge se kant toe gegaan. Hy het ’n paar van sy volgelinge gekies en hulle het nader gestaan. Hy stel toe twaalf manne aan om by Hom te bly, om te stuur om die boodskap vir ander te gaan vertel en om duiwelse geeste uit mense te dryf. Hy het hulle apostels genoem.
MARKUS 3:13-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hierna het Jesus teen ’n berg opgegaan en dié na Hom toe geroep wat Hy by Hom wou hê. En hulle het na Hom toe gekom. Hy het twaalf gekies om gereeld by Hom te wees en hulle apostels genoem. Hy wou hulle stuur om te gaan preek, en om met volmag bose geeste uit te dryf.