MARKUS 16:8
MARKUS 16:8 Bybel vir almal (ABA)
Die vroue het uit die graf gegaan en weggehardloop. Hulle het gebewe, want hulle het groot geskrik. Hulle het vir niemand iets vertel nie, want hulle was baie bang.
MARKUS 16:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe gaan hulle haastig uit en vlug van die graf af weg. En bewing en ontsetting het hulle aangegryp. En hulle het vir niemand iets gesê nie, want hulle het gevrees.
MARKUS 16:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het uit die graf uitgegaan en weggehardloop terwyl hulle gebewe het van die skrik. Hulle het vir niemand anders iets daarvan gesê nie, want hulle was bang.
MARKUS 16:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het uitgegaan en van die graf af weggehardloop, want bewing en verbystering het hulle beetgepak. En hulle het vir niemand iets gesê nie, want hulle was bang.
MARKUS 16:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle het gou uitgegaan en van die graf gevlug; want hulle het gebewe en was verbaas; en hulle het niks aan iemand gesê nie; want hulle was bang.
MARKUS 16:8 Die Boodskap (DB)
Die vroue draai toe om en hardloop met bewende bene so al wat hulle kan terug, want hulle het groot geskrik. Hulle het hulle monde gehou en met niemand daaroor gepraat nie, want hulle was te bang. (Tog het hulle vir Petrus en die ander kortliks vertel wat vir hulle gesê is. Daarna het Jesus self deur hulle die wonderlike boodskap oor Hom wat altyd waar sal bly, van die ooste tot in die weste laat verkondig. Hiervan kan ons seker wees.)
MARKUS 16:8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die vroue het toe van die graf af weggevlug, want hulle was vol vrees en ontsteltenis. Hulle het egter vir niemand iets gesê nie, want hulle was bang. Maar die vroue het hierdie opdragte kortliks aan Petrus en dié by hom vertel. Hierna het Jesus hulle self van die ooste tot die weste uitgestuur met die heilige en onfeilbare boodskap wat ewige verlossing skenk. Amen.