MARKUS 16:15-16
MARKUS 16:15-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe het Hy hulle beveel: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die Goeie Nuus aan almal, oral. Elkeen wat glo en gedoop word, sal verlos word. Maar elkeen wat nie glo nie, sal veroordeel word.
MARKUS 16:15-16 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het vir hulle gesê: “Gaan na die hele wêreld en bring die goeie boodskap vir al die mense. As iemand glo en gedoop is, dan sal God hom red, maar as iemand nie glo nie, dan sal God hom straf.
MARKUS 16:15-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
MARKUS 16:15-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het vir hulle gesê: “Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom. Wie tot geloof gekom het en gedoop is, sal gered word; wie nie glo nie, sal veroordeel word.
MARKUS 16:15-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy sê toe vir hulle: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die hele mensdom. Wie tot geloof gekom het en gedoop is, sal verlos word; maar wie nie tot geloof gekom het nie, sal veroordeel word.
MARKUS 16:15-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Hy sê vir hulle: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan elke skepsel. Hy wat glo en gedoop word, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
MARKUS 16:15-16 Die Boodskap (DB)
Hy sê vir hulle: “Gaan vertel vir al die mense die goeie nuus oor My. Almal moet dit hoor. “Elkeen wat julle boodskap glo en by julle as Christene aansluit deur gedoop te word, sal gered word. Iemand wat dit nie wil glo nie, kan maar vergeet: God sal hom straf.