MARKUS 15:25-27
MARKUS 15:25-27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit was nege-uur die môre toe hulle Hom gekruisig het. En die rede waarom Hy gekruisig is, was op 'n bordjie aan die kruis geskrywe: “Die koning van die Jode.” Saam met Hom het hulle ook twee rowers gekruisig, een regs en een links van Hom.
MARKUS 15:25-27 Bybel vir almal (ABA)
Dit was nege-uur die oggend toe hulle Jesus gekruisig het. Bo-aan die kruis het hulle op 'n plank geskryf hoekom hulle vir Jesus gekruisig het. Hulle het geskryf: “Die koning van die Jode.” Die soldate het twee mense saam met Jesus gekruisig, een regs langs Hom en die ander een links langs Hom. Hulle was mense wat geveg het teen die regering.
MARKUS 15:25-27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En dit was die derde uur toe hulle Hom gekruisig het. En die opskrif van sy beskuldiging was bokant Hom geskrywe: DIE KONING VAN DIE JODE. Hulle het ook twee rowers saam met Hom gekruisig, een aan sy regter- en een aan sy linkerkant.
MARKUS 15:25-27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit was die derde uur toe hulle Hom gekruisig het. Die inskripsie van die aanklag teen Hom is bo Hom aangebring: “Die koning van die Jode.” Saam met Hom het hulle ook twee rowers gekruisig, een aan sy regterhand en een aan sy linkerhand.
MARKUS 15:25-27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit was die derde uur, en hulle het Hom gekruisig. En die opskrif van sy beskuldiging was bo-oor geskryf: DIE KONING VAN DIE JODE. En saam met Hom kruisig hulle twee diewe; die een aan sy regterhand en die ander aan sy linkerhand.
MARKUS 15:25-27 Die Boodskap (DB)
Dit was so nege-uur in die môre toe hulle Jesus gekruisig het. Op die kennisgewing wat verduidelik het hoekom Hy gekruisig is, het gestaan: “Die koning van die Jode.”Saam met Jesus het die soldate ook twee ander mans aan kruise weerskante van Jesus opgehang. Hulle was diewe.