MARKUS 14:32-33
MARKUS 14:32-33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hulle kom toe by ’n plek met die naam Getsemane, en Jesus sê vir sy dissipels: “Sit julle hier terwyl Ek gaan bid.” Daarop neem Hy Petrus en Jakobus en Johannes saam met Hom. Toe pak ’n geweldige ontsteltenis en benoudheid Hom
MARKUS 14:32-33 Bybel vir almal (ABA)
Jesus en sy dissipels kom toe by die plek Getsemane, en Jesus sê vir hulle: “Sit hier, Ek wil gaan bid.” Hy het vir Petrus en Jakobus en Johannes saam met Hom geneem. Jesus het baie bang en ontsteld geword.
MARKUS 14:32-33 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
TOE kom hulle in 'n plek waarvan die naam Getsémané was. En Hy sê vir sy dissipels: Sit hier onderwyl Ek gaan bid. En Hy neem Petrus en Jakobus en Johannes saam met Hom en begin ontsteld en benoud te word.
MARKUS 14:32-33 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe kom hulle by 'n plek met die naam Getsemane, en Jesus sê vir sy dissipels: “Sit hier terwyl Ek gaan bid.” Daarna neem Hy vir Petrus, Jakobus en Johannes saam met Hom. Hy het ontsteld en beangs geword
MARKUS 14:32-33 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe kom hulle by 'n plek met die naam Getsemane, en Jesus sê vir sy dissipels: “Bly hier sit totdat Ek klaar gebid het.” Hy neem toe vir •Petrus, Jakobus en Johannes saam met Hom. Hy het erg ontsteld en beangs begin word
MARKUS 14:32-33 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle het by 'n plek gekom met die naam van Getsemane, en Hy sê vir sy dissipels: Sit hier terwyl Ek bid. En hy het Petrus en Jakobus en Johannes saamgeneem en begin verbaas word en baie swaar geword
MARKUS 14:32-33 Die Boodskap (DB)
Van daar af is hulle Getsemane toe. Dit is ’n plek net buite Jerusalem waar mense graag onder die bome uitgekamp het. Daar aangekom, sê Jesus vir sy volgelinge: “Wag hier, Ek gaan bid.” Hy het net vir Petrus, Jakobus en Johannes saamgevat. Jesus was aan die worstel en het baie bedruk gevoel.