MARKUS 12:29-30
MARKUS 12:29-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus het hom geantwoord: “Die belangrikste gebod is die volgende: ‘Luister, o Israel, die Here ons God is die énigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou ganse siel, met jou totale verstand en met al jou krag.’
MARKUS 12:29-30 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het geantwoord: “Die belangrikste wet is: ‘ Julle moet luister, mense van Israel, die Here ons God is die enigste Here, en jy moet vir jou God die Here lief wees met jou hele hart en met jou hele lewe en met jou hele verstand en met al jou krag.’
MARKUS 12:29-30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse God, is 'n enige Here; en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.
MARKUS 12:29-30 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus antwoord hom: “Die eerste is: ‘Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.’
MARKUS 12:29-30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus het geantwoord: “Die eerste is, ‘Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag’.
MARKUS 12:29-30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel! Die Here ons God is een Here: En jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag: dit is die eerste gebod.
MARKUS 12:29-30 Die Boodskap (DB)
Jesus antwoord toe: “Boaan die lys staan: Luister mooi, die Here ons God is die enigste Here wat daar is. Jy moet Hom liefhê met alles wat jy is en het. Niks in jou lewe mag vir jou so belangrik soos God wees nie.
MARKUS 12:29-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus het hom geantwoord: “Die belangrikste gebod is die volgende: ‘Luister, o Israel, die Here ons God is die énigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou ganse siel, met jou totale verstand en met al jou krag.’