MARKUS 11:22-24
MARKUS 11:22-24 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het geantwoord: “Julle moet in God glo! Ek sê vir julle, en dit is seker: As iemand vir hierdie berg sê: ‘Tel jouself op en gooi jouself in die see,’ dan sal dit gebeur. Maar hy moenie twyfel nie. Hy moet glo dat dit sal gebeur. Daarom sê Ek vir julle: Wanneer julle bid en julle vra iets, dan moet julle glo dat julle dit ontvang het, en dan sal julle dit kry.
MARKUS 11:22-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê. Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see — en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur — hy sal verkry net wat hy sê. Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.
MARKUS 11:22-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus sê toe vir hulle: “Julle moet geloof in God hê! Dit verseker Ek julle: Elkeen wat vir hierdie berg sê: ‘Lig jou op en val in die see,’ en daarby nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, gebeur, vir hom sal dit gebeur. Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees.
MARKUS 11:22-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus antwoord hulle toe: “Julle moet geloof in God hê. •Amen, Ek sê vir julle: Wie vir hierdie berg sê, ‘Lig jouself op en gooi jouself in die see,’ en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, gaan gebeur, vir hom sal dit gebeur. Daarom sê Ek vir julle, alles waarvoor julle bid en vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so gebeur.
MARKUS 11:22-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Jesus antwoord en sê vir hulle: Glo in God. Want voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see; en hy sal nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur; hy sal hê wat hy ook al sê. Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle begeer wanneer julle bid, glo dat julle dit ontvang, en julle sal dit verkry.
MARKUS 11:22-24 Die Boodskap (DB)
Jesus sê toe: “Vertrou God vir alles. Luister nou mooi. As julle God regtig vertrou, sal julle dinge kan doen wat dít wat met die vyeboom gebeur het na kinderspeletjies sal laat lyk. Ek praat van groot dinge soos om vir die berg te sê om op te staan en in die see te gaan spring. En as jy nie wonder of dit gaan gebeur nie, maar God totaal vertrou, sal jy dit sowaar met jou eie oë sien gebeur. Daarom sê Ek vir julle: as julle van God iets vra, moet julle ook nie wonder of julle dit gaan kry nie. Julle moet so op God vertrou dat dit vir julle eintlik moet voel of julle dit al klaar gekry het, en God sal dit vir julle gee.
MARKUS 11:22-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus het hulle toe geantwoord: “Julle moet geloof hê in God. Dit verseker Ek julle, julle kan vir hierdie berg sê: ‘Mag God jou oplig en in die see gooi,’ en dit sal so gebeur. Al wat nodig is, is dat julle regtig sal glo en nie in julle harte twyfel nie. Daarom verklaar Ek vir julle, alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang, mits julle God daarmee vertrou.