MARKUS 11:2-3
MARKUS 11:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
en sê vir hulle: “Gaan na die dorpie daar reg voor julle, en net soos julle inkom, sal julle daar 'n jong donkie vasgemaak kry. Geen mens het nog op hom gery nie. Maak hom los en bring hom hier. En as iemand vir julle sê: ‘Wat maak julle daar?’ moet julle sê: Die Here het hom nodig, en Hy sal hom gou weer hierheen terugstuur.”
MARKUS 11:2-3 Bybel vir almal (ABA)
en Hy sê vir hulle: “Gaan na die dorpie hier voor julle, en wanneer julle daar ingaan, sal julle 'n jong donkie sien wat vasgemaak is. Daar het nog nooit 'n mens op hom gesit nie. Maak hom los en bring hom hiernatoe. Wanneer iemand vir julle vra hoekom julle dit doen, dan moet julle sê: Die Here wil hom gebruik, maar Hy sal hom gou weer hiernatoe terugstuur.”
MARKUS 11:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en sê vir hulle: Gaan na daardie dorp reg voor julle; en dadelik as julle daar inkom, sal julle 'n eselsvul vind wat vasgemaak is, waar geen mens op gesit het nie. Maak hom los en bring hom. En as iemand vir julle sê: Waarom doen julle dit? moet julle antwoord: Die Here het hom nodig; en dadelik sal hy hom hierheen stuur.
MARKUS 11:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
met die opdrag: “Gaan na die dorpie daar voor julle, en sodra julle in die dorpie ingaan, sal julle 'n vasgemaakte donkievul vind waarop niemand nog ooit gesit het nie. Maak hom los en bring hom. As iemand julle vra, ‘Waarom doen julle dit?’ sê dan, ‘Die Here het hom nodig, en Hy sal hom dadelik hierheen terugstuur.’ ”
MARKUS 11:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy sê vir hulle: Gaan na die dorp teenoor julle; maak hom los en bring hom. En as iemand vir julle sê: Waarom doen julle dit? sê julle dat die Here hom nodig het; en dadelik sal hy hom hierheen stuur.
MARKUS 11:2-3 Die Boodskap (DB)
“Gaan na die dorpie toe hier voor ons. Nes julle by die dorpie inkom, sal julle ’n jong donkie kry waarop niemand nog ooit gery het nie. Maak hom los en bring hom hier. As iemand julle voorkeer en vra wat julle doen, sê vir hom: ‘Die Here het hierdie donkie nodig. Sodra Hy klaar is, sal Hy die donkie terugstuur.’”
MARKUS 11:2-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
met die opdrag: “Gaan na die dorpie hier reg voor julle en nes julle daar ingaan, sal julle ’n jong donkie wat nog nooit gery is nie, vasgemaak sien staan. Maak dit los en bring dit hierheen. As iemand vir julle sê: ‘Wat maak julle daar?’ sê dan: ‘Die Here het die donkie nodig; Hy sal hom nou-nou terugstuur.’”