MARKUS 10:3-5
MARKUS 10:3-5 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het hulle geantwoord: “Wat het Moses vir julle gesê?” Hulle het gesê: “ Moses het gesê 'n man mag vir sy vrou 'n skeibrief gee en van haar skei.” Maar Jesus het vir hulle gesê: “Dit is omdat julle so hardkoppig is. Daarom het Moses vir julle hierdie wet gemaak.
MARKUS 10:3-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar Hy antwoord en sê vir hulle: Wat het Moses julle beveel? En hulle sê: Moses het toegelaat om 'n skeibrief te skrywe en van haar te skei. En Jesus antwoord en sê vir hulle: Vanweë die hardheid van julle harte het hy vir julle hierdie gebod geskrywe
MARKUS 10:3-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het daarop vir hulle gevra: “Wat het Moses julle beveel?” “Moses het toegelaat dat iemand 'n skeibrief opstel en skei,” het hulle geantwoord. Toe sê Jesus vir hulle: “Dit is oor die hardheid van julle harte dat hy hierdie bepaling vir julle gemaak het.
MARKUS 10:3-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het hulle geantwoord: “Wat het Moses julle beveel?” Hulle antwoord toe: “Moses het 'n man toegelaat om 'n skeibrief te skryf en te skei. ” Toe sê Jesus vir hulle: “Dit is weens julle harde harte dat hy hierdie reël vir julle neergelê het
MARKUS 10:3-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy antwoord en sê vir hulle: Wat het Moses julle beveel? En hulle het gesê: Moses het toegelaat om 'n skeibrief te skryf en van haar te verwyder. En Jesus antwoord en sê vir hulle: Vanweë die hardheid van julle hart het Hy hierdie gebod vir julle geskryf.
MARKUS 10:3-5 Die Boodskap (DB)
“Wat het Moses vir julle in sy wet gesê?” vra Jesus toe. “Wel,” sê hulle, “Moses het gesê ’n man kan ’n brief skryf waarin hy sê dat hy van sy vrou wil skei en dan is alles verby. Sy moet dan uit die huis uit.” “Dit was omdat julle so hardkoppig en vol sonde is dat Moses dit gesê het,” antwoord Jesus toe.
MARKUS 10:3-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Wat het Moses julle beveel?” was Jesus se reaksie. Hulle het geantwoord: “Moses het dit wel toegelaat. ’n Man moes net eers ’n egskeidingsdokument opstel en dan kon hy van sy vrou skei.” Maar Jesus het vir hulle gesê: “Moses het hierdie reëling bloot getref as ’n toegewing aan die sondige verhardheid van julle harte.