MIGA 7:6-8
MIGA 7:6-8 Bybel vir almal (ABA)
Seuns respekteer nie meer hulle pa's nie, dogters is parmantig met hulle ma's, en skoondogters met hulle skoonma's. 'n Man se eie familie is sy vyande. Maar ek sal wag totdat die Here kom, ek sal wag totdat my God my kom red. My God sal luister na my gebed. Die mense van Jerusalem sê vir hulle vyande
MIGA 7:6-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want die seun minag die vader, die dogter staan op teen haar moeder, die skoondogter teen haar skoonmoeder, die man se vyande is sy huisgenote! Maar ek sal uitsien na die HERE, ek wil wag op die God van my heil, my God sal my hoor. Wees nie bly oor my nie, o my vyandin! Al het ek geval, ek staan weer op; al sit ek in duisternis, die HERE is 'n lig vir my.
MIGA 7:6-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die seun beledig sy pa, die dogter kom in opstand teen haar ma, die skoondogter teen haar skoonma. 'n Man se huismense het sy vyande geword. Maar ek sal vertrou op die Here, ek sal wag vir die God wat my red. My God sal my gebed verhoor. Moet jou nie oor my verlekker nie, my vyand, al het ek tot 'n val gekom, ek sal weer opstaan, al sit ek in die donker, die Here is my lig.
MIGA 7:6-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want die seun hou sy vader vir 'n dwaas; die dogter kom in opstand teen haar moeder, 'n skoondogter teen haar skoonmoeder en 'n man se eie huismense is sy vyande. Maar ek sal vir die HERE op die uitkyk wees, ek sal bly wag op die God wat my verlos. My God sal my hoor. Moet jou nie oor my verlustig nie, my vyand. Al het ek geval, ek staan weer op; al sit ek in die donker, die HERE is vir my 'n lig.
MIGA 7:6-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want die seun onteer die vader, die dogter staan op teen haar moeder, die skoondogter teen haar skoonmoeder; 'n man se vyande is die manne van sy eie huis. Daarom sal ek na die HERE kyk; Ek sal wag op die God van my heil: my God sal na my luister. Wees nie bly teen my nie, o my vyand; as ek val, sal ek opstaan; as ek in duisternis sit, sal die HERE vir my 'n lig wees.
MIGA 7:6-8 Die Boodskap (DB)
Dit sal sleg gaan tussen die ouers, kinders en skoonouers. Die seuns dink hulle pa is dom. Die meisies en skoondogters is opstandig teen hulle ma en skoonma. Jy hoef nie eens ver te soek vir jou vyand nie, hy is sommer in jou huis. “Ek het besluit ek sal my hulp by die Here soek. Ek sal geduldig wag tot Hy besluit dis nou die tyd om my te red. Verder weet ek die Here sal my gebed beantwoord.” Miga het namens Israel gepraat en gesê: “Ons vyande kry verniet so lekker omdat ons swaarkry. Dit is so dat ons geval het, maar ons sal weer opstaan. Dit voel vir ons of ons in die donkerte sit, maar ons weet die Here sal vir ons soos ’n lig wees.
MIGA 7:6-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
’n Seun sal sy pa verag. ’n Dogter sal opstandig wees teen haar ma en ’n skoondogter teen haar skoonma. Jou vyande sal in jou eie huis wees! Ek, daarenteen, sien met verwagting uit na wat die HERE gaan doen. Ek wag in vertroue dat God my moet red. My God sal my verseker verhoor! My vyande, julle moenie julle oor my verlekker nie! Ek het geval, maar ek sal weer opstaan. Al sit ek nou in duisternis, die HERE is ’n lig vir my.