MIGA 5:6-8
MIGA 5:6-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dié van Jakob wat oorbly, sal tussen baie volke wees, hulle sal daar wees soos dou wat van die Here af kom, soos stortreëns op groen gras wat nie vir 'n mens wag nie, nie na mense kyk nie. Dié van Jakob wat oorbly, sal tussen die nasies wees, tussen baie volke, hulle sal daar wees soos 'n leeu tussen wild of tussen 'n trop skape: hy verskeur as hy tussen hulle deurstap, hy vang sy prooi, en niemand kan dit uit sy bek ruk nie. Mag jy jou teenstanders oorweldig, Israel, mag al jou vyande uitgeroei word!
MIGA 5:6-8 Bybel vir almal (ABA)
Die Israeliete wat nog lewe, sal wees soos dou wat van die Here kom na baie volke toe. Hulle sal wees soos goeie reën wat die gras groen laat word. Die Israeliete wat nog lewe, sal tussen al die volke wees soos leeus wat tussen wilde diere loop, of soos leeus wat tussen 'n klomp skape loop en hulle doodbyt. Niemand kan die diere uit die leeus se bekke ruk nie. Die Israeliete sal hulle vyande almal doodmaak.”
MIGA 5:6-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dan sal die oorblyfsel van Jakob onder baie volke wees soos dou van die HERE, soos reënbuie op die plante, wat op geen mens wag nie en ter wille van geen mensekind vertoef nie. En die oorblyfsel van Jakob tussen die nasies sal onder baie volke wees soos 'n leeu onder die diere van die woud, soos 'n jong leeu onder troppe kleinvee; wat, as hy deurtrek, vertrap en verskeur sonder dat iemand red. Jou hand sal bo jou teëstanders verhewe wees, en al jou vyande sal uitgeroei word.
MIGA 5:6-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dié van Jakob wat oorbly, sal tussen baie volke wees, hulle sal daar wees soos dou wat van die Here af kom, soos stortreëns op groen gras wat nie vir 'n mens wag nie, nie na mense kyk nie. Dié van Jakob wat oorbly, sal tussen die nasies wees, tussen baie volke, hulle sal daar wees soos 'n leeu tussen wild of tussen 'n trop skape: hy verskeur as hy tussen hulle deurstap, hy vang sy prooi, en niemand kan dit uit sy bek ruk nie. Mag jy jou teenstanders oorweldig, Israel, mag al jou vyande uitgeroei word!
MIGA 5:6-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die oorblyfsel van Jakob sal tussen al die nasies wees soos dou wat van die HERE kom, soos sagte reën op gras, wat niks van 'n mens verwag nie, geen hoop op mense vestig nie. Die oorblyfsel van Jakob sal tussen die nasies, te midde van baie volke, soos 'n leeu tussen wilde diere wees, soos 'n jong leeu onder 'n trop kleinvee: As hy verbygaan en vertrap en verskeur, is daar niemand wat red nie. Mag jy die oorhand hê oor jou teenstanders; ja, al jou vyande – laat hulle uitgeroei word!”
MIGA 5:6-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle sal die land Assirië verwoes met die swaard en die land van Nimrod by die ingange daarvan; so sal Hy ons verlos van Assirië as hy in ons land kom en as hy binne ons grondgebied gaan. En die oorblyfsel van Jakob sal tussen baie volke wees soos 'n dou van die HERE, soos reënbuie op die gras, wat nie vertoef vir 'n mens en nie wag op die mensekinders nie. En die oorblyfsel van Jakob sal onder die heidene wees te midde van baie volke soos 'n leeu onder die diere van die bos, soos 'n jong leeu onder die troppe skape; stukke, en niemand kan aflewer nie.
MIGA 5:6-8 Die Boodskap (DB)
“Nee,” antwoord Miga toe, “die waarheid is net mooi andersom. Die mense van Israel wat die straf van die Here oorleef het, sal vir ander nasies baie beteken. Hulle sal soos dou of reën wees wat die Here verniet gee. Hulle is van die Here afhanklik om te lewe.” “Die mense van Israel wat oorgebly het, sal onder die nasies wees soos ’n leeu onder wilde diere is. Mense sal vir hulle bang wees omdat hulle sterk is. Hulle sal soos ’n leeu wees onder ’n trop skape wat hulle verjaag en verskeur. Niemand sal kom om hulle te help nie. Die mense van Israel sal hulle vyande onverwags aanval en oorwin. Niks sal van hulle oorbly nie,” het die opponente gesê.
MIGA 5:6-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die mense van Israel wat oorbly, sal tussen die talle volke wees soos dou wat die HERE stuur. Hulle sal wees soos reën wat op die gras val. Geen mens het beheer daaroor nie. Dié van Israel wat oorbly, sal soos ’n sterk leeu tussen die talle volke wees. Die ander volke sal wees soos hulpelose skape, niemand sal hulle kom red nie. Israel sal teen hulle teenstanders in opstand kom, hulle sal al hulle vyande uitroei.