MIGA 5:3-4
MIGA 5:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Die nuwe koning sal kom en hy sal sy volk lei. Die Here sal hom help, die Here sal hom sterk maak sodat hy sy volk kan lei. Die volk sal oral op die aarde woon, want die nuwe koning sal sterk wees en hy sal vrede bring. Wanneer die Assiriërs teen ons land kom oorlog maak en hulle wil in ons mooi huise ingaan, dan sal ons, die Israeliete, genoeg leiers hê om teen hulle te veg.
MIGA 5:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy sal optree en hulle laat wei in die sterkte van die HERE, in die majesteit van die Naam van die HERE sy God; en hulle sal rustig woon, want nou sal Hy groot wees tot aan die eindes van die aarde. En Hy sal vrede wees. Wanneer Assur in ons land kom en hy ons paleise wil betree, sal ons teenoor hom sewe herders stel, ja, agt vorste uit die mense.
MIGA 5:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy sal na vore kom en sy volk lei deur die krag wat die Here hom gee, deur die sterkte van die Naam van die Here sy God. Hulle sal woon tot in die uithoeke van die aarde, want hulle leier sal sterk wees. Hy sal vrede bring. Wanneer Assirië ons land binneval, wanneer hy in ons mooi huise wil ingaan, sal ons baie leiers, genoeg generaals, teen hom uitstuur.
MIGA 5:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy sal optree en as herder lei deur die krag van die HERE, deur die grootheid van die Naam van die HERE sy God. Hulle sal veilig gevestig wees, want dan sal hy magtig wees tot aan die uithoeke van die aarde. “Hierdie een sal ongedeerd wees. Wanneer Assirië ons land binnekom, sy voete in ons vestings sit, sal ons sewe herders, ja, agt stamhoofde uit die mense teen hulle opstel.
MIGA 5:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom sal Hy hulle oorgee tot op die tyd wat sy wat baar gebaar het; dan sal die oorblyfsel van sy broers na die kinders van Israel terugkeer. En hy sal staan en wei in die sterkte van die HERE, in die majesteit van die Naam van die HERE sy God; en hulle sal bly, want nou sal hy groot wees tot aan die eindes van die aarde.
MIGA 5:3-4 Die Boodskap (DB)
Hierdie leier sal sy pligte begin en sy mense lei deur die krag wat die Here vir hom sal gee. Die Here sal vir hom die gesag gee wat hy nodig het om die leier van Juda te wees. Die mense van Israel sal met hom as leier baie veilig voel, want oral oor die wêreld sal mense vir hom respek hê. Hy sal sorg dat daar vrede is,” het Miga gesê. Die opponente antwoord toe: “Die mense hoef nie bekommerd te wees nie. As die Assiriërs ons land inval en deur ons verdedigingslinies breek, sal ons genoeg leiers aan ons kant hê om hulle aan te vat. Hulle sal ons beskerm.
MIGA 5:3-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy sal oor sy kudde regeer met die krag van die HERE en die magtige Naam van die HERE sy God. Sy volk sal dan veilig kan woon, want hy sal deur die hele wêreld geëer word. Hy sal die bron van vrede wees. Wanneer Assirië ons land binneval en deur ons verdediging bars, sal ons meer as sewe herders, selfs agt leiers teen hulle laat veg.