MIGA 3:1-8
MIGA 3:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het gesê: Luister, leiers van Jakob, regeerders van Israel! Weet julle nie wat reg is nie? Julle wat die goeie haat en die verkeerde liefhet, julle wat die mense se vel van hulle afskeur, die vleis van hulle bene af, wat my volk opeet asof hulle vleis is, hulle vel afstroop en hulle bene opkap, wat hulle opsny vir die kookpot, soos vleis vir die braaipan. Wanneer hulle tot die Here roep, sal Hy hulle nie antwoord nie. Dan sal Hy Hom nie aan hulle openbaar nie, want hulle het baie verkeerd gehandel. So sê die Here oor die profete wat my volk verlei, die profete wat van vrede praat so lank hulle kos kry, en as iemand hulle nie bly instop nie, oorlog teen hom verklaar: Daar is vir julle net nag, nie 'n gesig nie, donkerte, nie 'n voorspelling nie. Die son sal ondergaan vir hierdie profete, die dag sal pikdonker word oor hulle. Die sieners sal teleurgestel staan, die voorspellers sal bedroë daarvan afkom. Hulle sal almal treur en hulle baard bedek as teken van rou, want God sal nie antwoord nie. Ek, daarenteen, het baie krag, ek het die Gees van die Here, 'n sin vir reg en die moed om aan Jakob sy sonde bekend te maak, aan Israel sy oortreding.
MIGA 3:1-8 Bybel vir almal (ABA)
Maar ek sê: Leiers van die Israeliete, julle moet luister! Julle weet wat reg is, maar julle haat alles wat goed is en julle is lief vir alles wat sleg is. Julle maak of my volk diere is. Julle eet hulle vleis en julle slag hulle vel af. Julle kap hulle bene stukkend, julle sny hulle vleis soos 'n mens vleis sny om dit te kook. Dan roep julle na die Here en julle vra dat Hy julle moet help, maar Hy antwoord julle nie. Hy wil nie luister na julle nie, want julle het verkeerd gedoen. Die Here sê vir die profete wat sy volk bedrieg: “Wanneer mense vir julle kos gee, dan sê julle daar sal vrede wees, en wanneer hulle nie vir julle kos gee nie, dan sê julle daar sal oorlog kom.” Daarom sal dit nag word vir julle. Die Here sal nie vir julle wys wat sal gebeur nie. Die son sal ondergaan vir die profete. Dit sal donker word vir hulle. Die profete dink hulle weet wat sal gebeur, maar hulle sal nie weet wat om te sê nie, want God sal nie met hulle praat nie. Net ek, Miga, is sterk. Die Gees van die Here het my sterk gemaak. Ek weet wat is reg, en ek is nie bang om vir die Israeliete te sê dat hulle sonde gedoen het nie.
MIGA 3:1-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VERDER het ek gesê: Hoor tog, o hoofde van Jakob en owerstes van die huis van Israel! Betaam dit julle nie om die reg te ken nie? Haters van wat goed is, en liefhebbers van wat sleg is, wat die vel van die mense aftrek en hulle vlees van hul gebeente; en wat die vlees van my volk eet en hulle vel van hulle afslag; ook hulle gebeente verbrysel en hulle aan stukke kap soos vleis in 'n pot en soos vleis in 'n pan. Dan sal hulle die HERE aanroep, en Hy sal hulle nie antwoord nie; maar Hy sal sy aangesig in dié tyd vir hulle verberg, omdat hulle verkeerde dinge gedoen het. So sê die HERE aangaande die profete wat my volk verlei, wat as hulle maar iets het om met hulle tande te byt, vrede verkondig; maar teen hom wat niks in hulle mond steek nie, verklaar hulle 'n heilige oorlog! Daarom sal dit nag word vir julle, sonder 'n gesig, en duister vir julle, sonder waarsêery; ja, die son sal oor die profete ondergaan, en die dag oor hulle verduister word. En die sieners sal beskaamd staan, en die waarsêers sal bloos, en hulle almal sal die baard bedek, omdat daar geen antwoord van God kom nie. Ek daarenteen is vol krag, mét die Gees van die HERE, en reg en heldemoed, om aan Jakob sy oortreding te verkondig en aan Israel sy sonde.
MIGA 3:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het gesê: Luister, leiers van Jakob, regeerders van Israel! Weet julle nie wat reg is nie? Julle wat die goeie haat en die verkeerde liefhet, julle wat die mense se vel van hulle afskeur, die vleis van hulle bene af, wat my volk opeet asof hulle vleis is, hulle vel afstroop en hulle bene opkap, wat hulle opsny vir die kookpot, soos vleis vir die braaipan. Wanneer hulle tot die Here roep, sal Hy hulle nie antwoord nie. Dan sal Hy Hom nie aan hulle openbaar nie, want hulle het baie verkeerd gehandel. So sê die Here oor die profete wat my volk verlei, die profete wat van vrede praat so lank hulle kos kry, en as iemand hulle nie bly instop nie, oorlog teen hom verklaar: Daar is vir julle net nag, nie 'n gesig nie, donkerte, nie 'n voorspelling nie. Die son sal ondergaan vir hierdie profete, die dag sal pikdonker word oor hulle. Die sieners sal teleurgestel staan, die voorspellers sal bedroë daarvan afkom. Hulle sal almal treur en hulle baard bedek as teken van rou, want God sal nie antwoord nie. Ek, daarenteen, het baie krag, ek het die Gees van die Here, 'n sin vir reg en die moed om aan Jakob sy sonde bekend te maak, aan Israel sy oortreding.
MIGA 3:1-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar ek sê: “Luister tog, hoofde van Jakob, •gesagvoerders van die huis van Israel! Is julle nie veronderstel om die reg te ken nie, julle wat die goeie haat en die slegte liefhet, julle wat die mense se velle van hulle afskeur en die vleis van hulle bene; julle wat my volk se vleis eet, hulle velle afstroop en hulle bene stukkend kap, hulle uitmekaarhaal soos in 'n pot, ja, soos vleis in 'n kookpot?” Dan sal hulle na die HERE om hulp roep, maar Hy sal hulle nie antwoord nie. In daardie tyd sal Hy sy gesig vir hulle verberg omdat hulle optrede boos was. So sê die HERE oor die profete wat my volk mislei, wat vrede verkondig as hulle iets te ete kry; maar as iemand hulle nie iets in die mond stop nie, 'n oorlog teen hom heilig: “ Daarom, dit sal vir julle nag wees, sonder visioene, ja, donker, sonder voorspellings. Die son sal ondergaan vir die profete, die dag sal vir hulle pikdonker wees. Die sieners sal in die skande gesteek word, die voorspellers sal beskaamd staan. Hulle sal almal hulle snorre bedek, omdat daar geen antwoord van God kom nie.” Maar ek, ek is gevul met krag, met die Gees van die HERE, met 'n sin vir geregtigheid en die moed, om aan Jakob sy opstand en aan Israel sy sonde bekend te maak
MIGA 3:1-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ek het gesê: Hoor tog, o hoofde van Jakob en owerstes van die huis van Israel! Is dit nie vir jou om oordeel te ken nie? wat die goeie haat en die slegte liefhet; wat hulle vel van hulle afruk en hulle vlees van hulle gebeente; wat ook die vleis van my volk eet en hulle vel van hulle af los; en hulle het hul bene gebreek en dit in stukke gekap, soos vir die pot en soos vleis in die pot. Dan sal hulle die HERE aanroep, maar Hy sal na hulle nie luister nie; Hy sal in dié tyd selfs sy aangesig vir hulle verberg, omdat hulle sleg gehandel het in hul handelinge. So sê die HERE aangaande die profete wat my volk laat dwaal, wat met hulle tande byt en roep: Vrede! en hy wat nie in hulle mond steek nie, hulle berei oorlog teen hom. Daarom sal nag vir julle wees, dat julle geen gesig sal hê nie; en dit sal vir julle donker wees, sodat julle nie waarsê nie; en die son sal ondergaan oor die profete, en die dag sal donker wees oor hulle. Dan sal die sieners beskaamd staan en die waarsêers beskaamd staan; ja, hulle sal almal hul lippe bedek; want daar is geen antwoord van God nie. Maar ek is waarlik vol van krag deur die Gees van die HERE, en van reg en van krag, om aan Jakob sy oortreding te verkondig en aan Israel sy sonde.
MIGA 3:1-8 Die Boodskap (DB)
Miga het gesê: “Luister ’n bietjie hier, leiers van Israel. Behoort julle nie te weet wat reg en verkeerd is nie? By julle kry ’n mens net die teenoorgestelde. Julle haat die dinge wat reg en goed is, maar julle is lief vir die slegte dinge in die lewe. Julle behandel die mense van Juda soos diere wat lewendig afgeslag word. Die vel word afgetrek en die vleis van die bene afgesny. Dan eet julle die vleis, sny die vel af en breek die bene oop. Julle kap hulle in stukke soos ’n mens vleis opsny om in ’n pot te kook. Dit is skokkend wat julle aan die mense van Juda doen. Julle steel die mense van Juda se goed en knou hulle af totdat julle kry wat julle wil hê. Julle vat die dinge weg wat hulle aan die lewe hou en laat hulle as stukkende mense agter. Julle gee nie om wie of wat julle skade aandoen nie, solank julle net kry wat julle wil hê.’ Die Here is nie tevrede met hierdie verkeerde dinge wat julle doen nie. Daarom sal Hy, as julle na Hom roep om julle te help, julle nie antwoord nie. Julle kan maar smeek dat Hy iets spesiaals vir julle moet sê of wys, Hy sal dit nie doen nie.” Dit is wat die Here wil hê Miga vir die profete moet sê. “Die Here sê: ‘Julle lei my mense op ’n dwaalspoor. As hulle vir julle kos gee om te eet, het julle allerhande mooi dinge vir hulle te vertel. Dit is net wat hulle wil hoor. As iemand weier om julle te betaal, dan word julle kwaad en behandel hulle soos julle vyande.’ Die Here sê dit is nag vir julle. ‘Die toekoms lyk maar donker vir julle, want Ek gaan nie vir julle iets besonders wys in ’n droom of vir julle iets oor die toekoms sê nie.’ Dit gaan vir hulle voel of die son vir hulle ondergegaan het en die donkerte hulle vasvang. Dit is hulle einde. Hulle sal nie meer kan doen waarvoor profete bekend is nie. Hulle gaan hulle plek in die samelewing verloor. Hierdie profete wat altyd sê wat in die toekoms gaan gebeur, gaan in die skande kom omdat hulle niks gaan hê om daaroor te sê nie. Omdat hulle skaam is, sal hulle almal hulle gesigte met hulle hande toehou, want die Here wil nie met hulle praat nie.” Tog sê Miga: “Ek voel dat die Here se Gees in my lewe is. Hy gee my baie krag. Ek het ook ’n goeie gevoel vir wat reg en verkeerd is. Verder is ek nie bang om vir die mense van Juda en Israel te sê wat hulle verkeerd doen nie en waarvan die Here nie hou nie.
MIGA 3:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Luister, leiers van Israel! Is julle nie veronderstel om te onderskei tussen reg en verkeerd nie? Julle haat egter wat goed is en is lief vir wat sleg is. Julle slag mense lewendig af en skeur hulle vleis van hulle bene af. Julle eet my volk se vleis, sny hulle velle af, breek hulle bene aan stukke. Julle kap hulle op soos vleis vir die kookpot. As julle na die HERE roep vir hulp in nood, sal Hy Hom nie aan julle steur nie. Na al die verkeerde dinge wat julle gedoen het, sal Hy julle ignoreer! Die HERE sê vir die vals profete: “Julle mislei my volk! Julle beloof vrede vir die mense wat vir julle kos gee, maar verklaar oorlog teen hulle wat weier om te betaal. Dit gaan nag wees vir julle sonder enige visioene. Die duisternis sal maak dat julle niks oor die toekoms kan sê nie. Die son gaan sak vir die profete. Hulle dae is getel. Die sieners sal in die skande kom, die waarsêers sal verleë staan. Uit skaamte sal hulle almal hulle gesigte bedek, want daar is geen antwoord van God nie.” Wat my lewe betref, ek is vol van die Geesteskrag van die HERE. Regverdigheid en sterkte vul my lewe. Sonder enige vrees sal ek met die mense van Israel praat oor hulle opstand en sondes.