MIGA 1:2-7
MIGA 1:2-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Let op, nasies van die wêreld, julle wat die aarde bewoon! Die oppermagtige HERE kla julle aan. Die HERE sal getuig uit sy heilige tempel. Kyk, die HERE is op pad! Hy verlaat sy troon en kom af aarde toe. Hy kom loop hier op die hoë plekke. Die berge smelt onder Hom. Soos was wat smelt, vloei hulle die valleie binne; soos water wat afvloei teen die heuwels. Hoekom gebeur dit? Omdat Israel en Juda sonde doen en opstandig is. Wie moet die blaam dra vir Israel se opstand? Is dit nie Samaria nie? Waar in Juda is die offerplekke vir die afgode? Is dit nie Jerusalem nie? “Ek gaan Samaria tot ’n puinhoop maak, ’n plek om wingerde te plant. Die klippe waarmee die stad gebou is, gaan Ek in die vallei laat afrol. Die fondamente gaan Ek blootlê. Al die beelde in die stad sal stukkend geslaan word. Al die skatte uit prostitusie verdien, sal met vuur verbrand word. Al haar afgodsbeelde sal Ek vernietig. Sy het uit prostitusie haar verdienste bekom. Vir die doel van prostitusie sal hulle weer gebruik word.”
MIGA 1:2-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Luister, alle volke! Gee aandag, aarde met al jou bewoners! Die Here my God wil teen julle getuig, die Here wil uit sy heilige tempel getuig. Die Here kom uit sy woonplek uit, Hy kom af, Hy kom oor die hoë plekke van die aarde. Berge smelt weg onder Hom, laagtes skeur oop. Soos was in vuur smelt, so smelt die berge, hulle loop teen die hellings af soos water. Dit alles gebeur oor die sonde van Jakob, oor die oortredings van die volk Israel. Wat is die sonde van Jakob? Samaria! Wat is Juda se afgodshoogte? Jerusalem! Daarom sal Ek Samaria 'n puinhoop in die oop veld maak, 'n plek om wingerde te plant. Ek sal sy bouklip in die laagte afgooi, sy fondamente oopgrawe. Al sy afgodsbeelde sal stukkend geslaan word, sy verdienste uit prostitusie sal verbrand word. Ek sal al sy afgode vernietig, want hy het hulle bymekaargemaak met sy verdienste uit prostitusie. Hulle sal die pad gaan van verdienste uit prostitusie.
MIGA 1:2-7 Die Boodskap (DB)
Die eerste boodskap klink so: “Luister, asseblief! Alle volke en mense wat op die aarde bly, kyk mooi wat gaan gebeur! Die Here is Koning en Hy maak ’n regsaak teen julle. Meer as dit nog, Hy sal teen julle getuig. Die Here is in sy tempel, maar Hy wil hê julle moet hoor wat Hy te sê het. “Kyk, Hy gaan weg van sy hemelse paleis af en kom aarde toe. Hy loop op die hoë bergtoppe. Almal sal weet Hy het gekom, want die aarde wys dit. Die berge smelt weg en die valleie skeur oop. Dit lyk net soos wanneer ’n mens kerswas in ’n vuur sou smelt. Die was word loperig van die hitte en loop net soos water teen die kante van die berge af. Dit is soos vuurwarm lawa wat afloop. Hoekom gebeur dit? Omdat die hele Israel opstandig is teen die Here en verkeerde dinge doen. Wie moet die blaam dra dat die mense van die noordelike koninkryk opstandig is? Die hoofstad, Samaria, natuurlik! En waar is offerplekke vir afgode in die suidelike koninkryk gebou? Binne-in Jerusalem. “Hoor wat sê die Here hieroor: ‘Ek gaan Samaria soos ’n hoop rommel maak wat in die oop veld lê. Samaria sal nie meer ’n plek wees om in te bly nie, maar ’n plek waar ’n mens eerder ’n wingerd sal aanplant. Die stad gaan heeltemal verwoes word. Ek gaan die klippe waarmee die stad gebou is, teen die rante laat afrol tot onder in die laagtes. Net die kaal fondamente sal oorbly. Ek gaan verder al die beelde wat in die stad is, stukkend slaan. Die mense moes betaal om deel te kon neem aan seremonies waarin die gode vereer is. As betaling moes hulle sekere goed na die afgodstempels gebring het. Ek sal al hierdie goed met vuur verbrand,’ sê die Here. ‘Ek sê weer, Ek gaan al die afgodsbeelde verpletter. Hierdie beelde en al die kosbare goed in die tempel is in die begin gekoop uit die betalings wat prostitute gekry het. Hulle het by die tempels gewerk. Maar daar sal mense wees wat hierdie goed sal steel en op ander plekke sal gebruik om vir prostitute te betaal.’”
MIGA 1:2-7 Bybel vir almal (ABA)
Al die volke moet luister. Almal wat op die aarde woon, moet luister. Die Here sal sê wat julle verkeerd gedoen het. Hy kom uit sy gewyde tempel, Hy kom van die plek waar Hy woon. Hy kom af uit die hemel en Hy trap die offer-plekke in die land plat. Wanneer Hy kom, dan smelt die berge en die valleie onder Hom. Hulle verdwyn soos iets wat smelt in vuur, soos water wat afloop teen 'n heuwel. Die Here kom omdat die Israeliete, die nageslag van Jakob, sonde gedoen het. Samaria is die plek waar die Israeliete sonde gedoen het, Jerusalem is die offer-plek waar die mense van Juda offer. Die Here sê: “Ek sal Samaria heeltemal verwoes. Mense sal wingerde plant waar die stad was. Ek sal Samaria se geboue afbreek. Daar sal net 'n paar klippe oorbly. Die vyande sal die beelde in Samaria stukkend slaan en hulle sal die presente verbrand wat die mense na die tempel gebring het. Dit was presente vir tempel-prostitute, en die vyande sal dit gebruik om ander tempel-prostitute te betaal.”
MIGA 1:2-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
O Volke, luister almal saam! O Aarde en sy volheid, let op! Sodat die Here HERE getuie teen julle kan wees, die Here uit sy heilige paleis. Want kyk, die HERE gaan uit sy woonplek uit, en Hy daal neer en betree die hoogtes van die aarde. En die berge smelt onder Hom, en die laagtes skeur oop, soos was voor die vuur, soos water wat langs 'n helling afstroom! Dit alles vanweë die oortreding van Jakob en vanweë die sondes van die huis van Israel. Wie is die oorsaak van die oortreding van Jakob? Is dit nie Samaría nie? En wie is die oorsaak van die hoogtes van Juda? Is dit nie Jerusalem nie? Daarom sal Ek Samaría 'n puinhoop maak op die veld, 'n plek om wingerdstokke te plant; en Ek sal haar klippe in die dal laat afrol en haar fondamente blootlê. En al haar gesnede beelde sal stukkend geslaan en al wat sy as hoereloon ontvang het, met vuur verbrand word, en al haar afgode sal Ek tot 'n verwoesting maak; want uit hoereloon het sy dit versamel, en tot hoereloon sal dit terugkeer.
MIGA 1:2-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Luister, alle volke! Gee aandag, aarde met al jou bewoners! Die Here my God wil teen julle getuig, die Here wil uit sy heilige tempel getuig. Die Here kom uit sy woonplek uit, Hy kom af, Hy kom oor die hoë plekke van die aarde. Berge smelt weg onder Hom, laagtes skeur oop. Soos was in vuur smelt, so smelt die berge, hulle loop teen die hellings af soos water. Dit alles gebeur oor die sonde van Jakob, oor die oortredings van die volk Israel. Wat is die sonde van Jakob? Samaria! Wat is Juda se afgodshoogte? Jerusalem! Daarom sal Ek Samaria 'n puinhoop in die oop veld maak, 'n plek om wingerde te plant. Ek sal sy bouklip in die laagte afgooi, sy fondamente oopgrawe. Al sy afgodsbeelde sal stukkend geslaan word, sy verdienste uit prostitusie sal verbrand word. Ek sal al sy afgode vernietig, want hy het hulle bymekaargemaak met sy verdienste uit prostitusie. Hulle sal die pad gaan van verdienste uit prostitusie.
MIGA 1:2-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Luister, alle volke! Let op, aarde en almal wat daarop woon! My Heer, die HERE, gaan teen julle getuig, die Heer uit sy heilige paleis. Kyk, die HERE kom uit sy woonplek; Hy daal neer en trap op die hoogtes van die aarde. Die berge smelt onder Hom en die valleie skeur oop, soos was wat voor vuur smelt, soos water wat teen 'n berghang afstroom. Oor Jakob se oortreding gebeur al hierdie dinge, oor die sondes van die huis van Israel. “Wie is verantwoordelik vir Jakob se oortreding? Is dit nie Samaria nie? Wie is verantwoordelik vir die offerhoogtes van Juda? Is dit nie Jerusalem nie? Daarom sal Ek van Samaria 'n puinhoop maak, 'n stuk veld vir die aanplant van wingerd. Ek sal haar klippe in die vallei laat afrol, haar fondamente blootlê. Al haar afgodsbeelde sal stukkend geslaan word, alles wat sy verdien het, sal in die vuur verbrand word, al haar afgode sal Ek vernietig; want met die loon van 'n prostituut het sy dit bymekaargemaak, en dit sal weer die verdienste van 'n prostituut word.”
MIGA 1:2-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Luister, alle volke; luister, o aarde en alles wat daarop is, en laat die HERE HERE getuie wees teen jou, die HERE vanuit sy heilige tempel. Want kyk, die HERE gaan uit sy plek uit, en Hy sal afkom en op die hoogtes van die aarde trap. En die berge sal onder hom gesmelt word, en die valleie sal gekloof word, soos was voor die vuur en soos die waters wat op 'n skuins plek afgegooi word. Want die oortreding van Jakob is dit alles en oor die sondes van die huis van Israel. Wat is die oortreding van Jakob? is dit nie Samaria nie? en wat is die hoogtes van Juda? is hulle nie Jerusalem nie? Daarom sal Ek Samaria maak soos 'n hoop veld en soos aanplantings van 'n wingerd; en Ek sal sy klippe in die dal afgooi en die fondamente daarvan ontdek. En al sy gesnede beelde sal stukkend geslaan word, en al sy lone sal met vuur verbrand word, en al sy drekgode sal Ek 'n woesteny maak; want sy het dit bymekaargemaak uit die loon van 'n hoer, en hulle sal terugkeer na die huur van 'n hoer.