MIGA 1:1-2
MIGA 1:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het met Miga gepraat. Miga het van die stad Moreset gekom. Dit was in die tyd toe Jotam koning van Juda was. Ná Jotam was Agas koning, en ná Agas was Hiskia koning. Die Here het vir Miga gewys wat met Samaria en Jerusalem sal gebeur. Al die volke moet luister. Almal wat op die aarde woon, moet luister. Die Here sal sê wat julle verkeerd gedoen het. Hy kom uit sy gewyde tempel
MIGA 1:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DIE woord van die HERE wat tot Miga, die Morastiet, gekom het, in die dae van Jotam, Agas, Hiskía, konings van Juda; wat hy gesien het aangaande Samaría en Jerusalem. O Volke, luister almal saam! O Aarde en sy volheid, let op! Sodat die Here HERE getuie teen julle kan wees, die Here uit sy heilige paleis.
MIGA 1:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die woord van die Here wat gekom het tot Miga van Moreset tydens die regering van die Judese konings Jotam, Agas en Hiskia. Dit handel oor Samaria en Jerusalem. Luister, alle volke! Gee aandag, aarde met al jou bewoners! Die Here my God wil teen julle getuig, die Here wil uit sy heilige tempel getuig.
MIGA 1:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die woord van die HERE wat tot Miga van Morêset gekom het in die tyd van Jotam, Agas en Hiskia, die konings van Juda, wat aan hom geopenbaar is oor Samaria en Jerusalem. Luister, alle volke! Let op, aarde en almal wat daarop woon! My Heer, die HERE, gaan teen julle getuig, die Heer uit sy heilige paleis.
MIGA 1:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die woord van die HERE wat tot Miga die Morastiet gekom het in die dae van Jotam, Agas en Hiskia, die konings van Juda, wat hy gesien het aangaande Samaria en Jerusalem. Luister, alle volke; luister, o aarde en alles wat daarop is, en laat die HERE HERE getuie wees teen jou, die HERE vanuit sy heilige tempel.
MIGA 1:1-2 Die Boodskap (DB)
Die Here het aan Miga boodskappe gegee wat oor Samaria en Jerusalem gegaan het. Miga was van Moreset afkomstig. Hy het hierdie boodskappe wat die Here vir hom gegee het, gekry in die tyd toe Jotam, Agas en Hiskia onderskeidelik koning in Juda was. Die eerste boodskap klink so: “Luister, asseblief! Alle volke en mense wat op die aarde bly, kyk mooi wat gaan gebeur! Die Here is Koning en Hy maak ’n regsaak teen julle. Meer as dit nog, Hy sal teen julle getuig. Die Here is in sy tempel, maar Hy wil hê julle moet hoor wat Hy te sê het.
MIGA 1:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Gedurende die bewind van Jotam, Agas en Hiskia het die HERE boodskappe vir Miga van Moreset gegee. Hy het visioene gesien wat bestem was vir Samaria en Jerusalem. Let op, nasies van die wêreld, julle wat die aarde bewoon! Die oppermagtige HERE kla julle aan. Die HERE sal getuig uit sy heilige tempel.