MATTEUS 9:9-38

MATTEUS 9:9-38 Afrikaans 1983 (AFR83)

Terwyl Jesus daarvandaan verder gaan, het Hy 'n man met die naam Matteus by die tolhuis sien sit en vir hom gesê: “Volg My!” Hy het toe opgestaan en Hom gevolg. Jesus het by hom in sy huis gaan eet, en baie tollenaars en sondaars het saam met Jesus en sy dissipels kom eet. Toe die Fariseërs dit sien, vra hulle vir sy dissipels: “Waarom eet julle leermeester saam met tollenaars en sondaars?” Maar Jesus het dit gehoor en gesê: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.’ Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.” In dié tyd het die volgelinge van Johannes na Jesus toe gekom en gevra: “Waarom vas ons en die Fariseërs dikwels, maar u dissipels vas glad nie?” Jesus antwoord hulle: “Kan die bruilofsgaste dan treur solank die bruidegom nog by hulle is? Maar daar kom 'n tyd wanneer die bruidegom van hulle weggeneem sal word, en dan sal hulle vas. “Niemand lap tog ou klere met ongekrimpte materiaal nie, want die nuwe lap skeur die klere nog verder, en die gat word net groter. “'n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou velsakke nie. As jy dit doen, bars die sakke, die wyn loop uit en die sakke is daarmee heen. Nee, 'n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en so behou jy altwee.” Jesus was nog besig om dit vir die mense te sê toe daar 'n raadslid van die sinagoge voor Hom kom kniel en sê: “My dogter het nou net gesterwe, maar kom lê u hand op haar en sy sal weer lewe.” Jesus het opgestaan, en Hy en sy dissipels het saam met die man gegaan. 'n Vrou wat al twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, het nader gekom en van agter af aan die soom van sy klere geraak. Sy het vir haarself gesê: “As ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word.” Jesus het omgedraai, haar gesien en gesê: “Wees gerus, dogter, jou geloof het jou gered.” Van daardie oomblik af was die vrou gesond. Daarna het Jesus by die huis van die raadslid gekom. Toe Hy die fluitspelers sien en die klomp mense wat te kere gaan, sê Hy: “Gaan weg, want die dogtertjie is nie dood nie, sy slaap net.” Maar hulle het Hom uitgelag. Nadat die mense uitgejaag was, het Hy in die huis ingegaan, die dogtertjie se hand gevat en sy is uit die dood opgewek. Berigte hieroor het deur daardie hele omgewing versprei. Terwyl Jesus daarvandaan verder gaan, het twee blindes Hom gevolg. Hulle het aanhoudend geskreeu: “Ontferm U tog oor ons, Seun van Dawid!” Jesus het in die huis ingegaan, en die blindes het daar na Hom toe gekom. Hy vra toe vir hulle: “Glo julle dat Ek dit kan doen?” “Ja, Here,” antwoord hulle Hom. Toe raak Hy aan hulle oë en sê: “Wat julle glo, sal gebeur.” Hulle kon toe sien, maar Jesus het hulle baie streng beveel: “Hiervan moet niemand hoor nie.” Maar toe hulle daar weg is, het hulle in daardie hele omgewing van Hom vertel. Nadat die twee blindes die huis verlaat het, het die mense 'n man na Hom toe gebring wat stom was omdat hy in die mag van 'n bose gees was. Nadat die bose gees uitgedryf is, het die stom man begin praat. Die menigte het hulle verwonder en gesê: “So iets het nog nooit in Israel gebeur nie.” Maar die Fariseërs het gesê: “Dit is met die hulp van die aanvoerder van die bose geeste dat hy die bose geeste uitdryf.” Jesus het al die dorpe en klein plekkies besoek. Hy het die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal gesond gemaak. Toe Hy die menigtes sien, het Hy hulle innig jammer gekry, want hulle was moeg en hulpeloos soos skape wat nie 'n wagter het nie. Hy sê toe vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.”

MATTEUS 9:9-38 Bybel vir almal (ABA)

Jesus het verder geloop. Hy sien toe 'n man by 'n tolhek sit. Die man se naam was Matteus. Jesus het vir hom gesê: “Kom saam met My!” Matteus het opgestaan en hy het saam met Jesus gegaan. Jesus het in Matteus se huis gaan eet. Baie tollenaars en sondaars het ook saam met Jesus en sy dissipels kom eet. Die Fariseërs het dit gesien en hulle vra toe vir Jesus se dissipels: “Hoekom eet julle meneer saam met tollenaars en sondaars?” Jesus het gehoor wat die Fariseërs sê, en Hy het vir hulle gesê: “Gesonde mense gaan nie dokter toe nie, net mense wat siek is, gaan dokter toe. Julle moet leer wat beteken hierdie woorde: “Die Here sê: Ek wil nie offers hê nie, maar Ek wil hê julle moet goed wees vir mense. “Ek het nie gekom om mense te roep wat dink hulle is gehoorsaam aan die wette van God nie. Ek het gekom om sondaars te roep.” Johannes se dissipels het na Jesus toe gekom. Hulle het vir Hom gesê: “Ons vas en die Fariseërs vas, maar hoekom vas jou dissipels nie?” Jesus sê toe vir hulle: “Die vriende van die bruidegom kan nie rou wanneer die bruidegom nog by hulle is nie. Maar daar sal 'n tyd kom wanneer die bruidegom weg sal wees, dan sal hulle vas. Niemand maak ou klere reg met 'n stuk lap wat nog nie gekrimp het nie. Wanneer iemand dit doen, dan sal die nuwe lap krimp en die ou materiaal sal ook skeur, en dan sal die skeur groter word. Niemand gooi nuwe wyn in ou velsakke nie, want dan sal die wyn die sakke laat oopbars. Dan verloor hy die wyn én die velsakke. Nee, 'n mens moet nuwe wyn in nuwe sakke gooi, dan sal hy nie die sakke of die wyn verloor nie.” Jesus was besig om met hulle te praat, toe kom daar een van die leiers van daardie stad na Hom toe. Hy het voor Jesus gekniel en vir Hom gesê: “My dogter het nou gesterf. Maar as U kom en u hand op haar sit, dan sal sy weer lewe.” Jesus het opgestaan en Hy het saam met die man gegaan, en sy dissipels het saamgegaan. Terwyl hulle loop, het daar 'n vrou van agter gekom en sy het aan die soom van Jesus se klere geraak. Sy was siek, sy het twaalf jaar lank aangehou bloei. Sy het gedink: As ek net aan Jesus se klere kan raak, dan sal ek gesond word. Jesus het omgedraai en haar gesien. Toe sê Hy vir haar: “Mevrou, moenie bekommerd wees nie. Jy het nou gesond geword, want jy het geglo.” Die vrou het toe dadelik gesond geword. Jesus het by die huis van die Joodse leier gekom. Hy sien toe die mense wat altyd op fluite speel by begrafnisse, en baie mense wat hard huil en treur. Hy sê toe vir hulle: “Gaan weg. Die dogtertjie is nie dood nie, sy slaap net.” Maar die mense het gelag omdat Jesus gesê het sy slaap. Jesus het eers al die mense uitgejaag, en toe het Hy in die dogtertjie se kamer ingegaan. Hy het haar hand geneem, en sy het opgestaan. Die mense het vir almal in daardie deel van die land vertel wat gebeur het. Jesus het verder gegaan. Twee blindes het agter Hom geloop. Hulle het aangehou om hard te sê: “ Seun van Dawid, U moet asseblief jammer wees vir ons en help ons!” Toe Jesus by die huis kom, het die blindes nader gekom na Hom toe. Hy het vir hulle gevra: “Glo julle dat Ek julle gesond kan maak?” Hulle het vir Jesus gesê: “Ja, Here.” Toe raak Jesus aan hulle oë en Hy sê: “Julle glo dat Ek julle gesond kan maak. Daarom sal dit nou gebeur.” Hulle oë het gesond geword, en hulle kon sien. Jesus het ernstig met hulle gepraat en gesê: “Julle moenie vir iemand hiervan vertel nie.” Maar toe hulle weggaan van Jesus, het hulle vir almal in daardie deel van die land vertel wat gebeur het. Die twee mans het weggegaan, en toe bring die mense iemand na Jesus toe. Die man kon nie praat nie, hy was stom. Daar was 'n duiwel in hom. Jesus het die duiwel uitgejaag, en toe kon die man praat. Al die mense was baie verbaas en hulle het gesê: “So iets het nog nooit hier by ons, die volk Israel, gebeur nie.” Maar die Fariseërs het gesê: “Dit is die leier van die duiwels wat vir Jesus help om die duiwels uit te jaag.” Jesus het al die stede en dorpe besoek. Hy het aangehou om vir die mense in hulle sinagoges te leer. Hy het vir hulle vertel van die goeie boodskap dat God Koning is oor almal. Hy het ook al die siek mense gesond gemaak. Baie mense het na Jesus toe gekom, en toe Hy al die mense sien, het Hy baie jammer gevoel vir hulle. Hulle het gelyk soos mense wat swaarkry, maar daar was niemand wat hulle kon help nie. Hulle was soos skape wat nie 'n wagter het nie. Jesus sê toe vir sy dissipels: “Daar is baie ryp koring om af te sny, maar daar is baie min werkers wat kan help om dit te doen. Die ryp koring is die mense wat aan die Here behoort. Julle moet bid tot die Here aan wie die ryp koring behoort en julle moet vra dat Hy werkers sal stuur om sy ryp koring af te sny.”

MATTEUS 9:9-38 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

EN toe Jesus daarvandaan verder gaan, sien Hy 'n man met die naam van Matthéüs by die tolhuis sit; en Hy sê vir hom: Volg My. En hy het opgestaan en Hom gevolg. En terwyl Hy in die huis aan tafel was, het daar baie tollenaars en sondaars saam met Jesus en sy dissipels aan tafel gegaan. En toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir sy dissipels: Waarom eet julle Meester saam met tollenaars en sondaars? Maar toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering. DAARNA kom die dissipels van Johannes na Hom en sê: Waarom vas ons en die Fariseërs dikwels, maar u dissipels vas nie? En Jesus sê vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan treur so lank as die bruidegom by hulle is? Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas. En niemand sit 'n nuwe stuk lap op 'n ou kleed nie; want die aangelapte stuk skeur van die kleed af en daar kom 'n erger skeur. 'n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou leersakke nie; anders bars die sakke en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar 'n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en altwee bly behoue. TERWYL Hy vir hulle dit sê, kom daar 'n sekere owerste en val voor Hom neer en sê: My dogter het nou net gesterwe, maar kom en lê u hand op haar, en sy sal lewe. En Jesus het opgestaan en hom gevolg, en ook sy dissipels. En daar het 'n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, van agter gekom en die soom van sy kleed aangeraak. Want sy het by haarself gesê: As ek maar net sy kleed kan aanraak, sal ek gesond word. En Jesus het omgedraai en haar gesien en gesê: Hou goeie moed, dogter, jou geloof het jou gered. En die vrou het gesond geword van daardie uur af. En toe Jesus in die huis van die owerste kom en die fluitspelers sien, en die skare wat te kere gaan, sê Hy vir hulle: Gaan weg, want die dogtertjie is nie dood nie, maar sy slaap. En hulle het Hom uitgelag. En nadat die skare uitgedryf was, het Hy ingegaan en haar hand gegryp; en die dogtertjie het opgestaan. En die gerug hiervan het deur daardie hele land versprei. EN toe Jesus daarvandaan verder gaan, het twee blindes Hom gevolg, terwyl hulle uitroep en sê: Wees ons barmhartig, Seun van Dawid! En nadat Hy in die huis gegaan het, kom die blindes na Hom toe. En Jesus sê vir hulle: Glo julle dat Ek dit kan doen? Hulle antwoord Hom: Ja, Here. Toe raak Hy hulle oë aan en sê: Laat dit vir julle wees volgens julle geloof. En hulle oë het oopgegaan. En Jesus het hulle skerp aangespreek en gesê: Pas op, laat niemand dit te wete kom nie. Maar hulle het heengegaan en Hom in daardie hele land bekend gemaak. En terwyl hulle weggaan, bring die mense 'n stom man wat van die duiwel besete was, na Hom toe. En nadat die duiwel uitgedryf was, het die stomme gepraat. En die skare het hulle verwonder en gesê: So iets is nog nooit in Israel gesien nie! Maar die Fariseërs het gesê: Deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit. EN Jesus het by al die stede en dorpe rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees. En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat geen herder het nie. Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur.

MATTEUS 9:9-38 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Toe Jesus van daar af verder gaan, sien Hy 'n man met die naam Matteus by die tolhuis sit en sê vir hom: “Volg My!” En hy het opgestaan en Hom gevolg. Toe Hy in die huis vir ete aanleun, het daar onverwags ook baie •tollenaars en sondaars opgedaag en saam met Jesus en sy dissipels vir ete aangeleun. Die •Fariseërs het dit gesien en vir sy dissipels gevra: “Waarom eet julle leermeester saam met tollenaars en sondaars?” Toe Jesus dit hoor, het Hy gesê: “Gesonde mense het nie 'n dokter nodig nie, maar wel die siekes. Gaan leer wat beteken, ‘Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie.’ Ek het immers nie gekom om •regverdiges te roep nie, maar sondaars.” Toe het Johannes se dissipels na Jesus gekom en gesê: “Waarom vas ons en die •Fariseërs gereeld, maar u dissipels vas nie? ” Jesus het hulle geantwoord: “Die bruilofsgaste kan tog nie treur terwyl die bruidegom by hulle is nie? Maar daar kom 'n tyd wanneer die bruidegom van hulle weggeneem sal word, en dan sal hulle vas. “Niemand werk 'n ongekrimpte stuk lap op 'n ou kledingstuk vas nie; want die lap trek los van die kledingstuk, en 'n groter skeur ontstaan. “'n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou leersakke nie; anders bars die sakke oop, die wyn loop uit en die sakke gaan tot niet. Nee, 'n mens gooi nuwe wyn in nuwe leersakke, en beide bly behoue.” Hy was nog besig om dié dinge aan hulle te sê, en kyk, daar kom 'n sekere leier aan, kniel voor Hom en sê: “My dogter het pas gesterf, maar kom lê u hand op haar, en sy sal leef.” Jesus het opgestaan en hom gevolg, en sy dissipels ook. Daar het toe skielik 'n vrou wat al twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, van agter af nader gekom en die soom van sy bokleed aangeraak. Want, het sy vir haarself gesê: “As ek tog net sy bokleed kan aanraak, sal ek gesond word.” Jesus het omgedraai, haar gesien en gesê: “Hou moed, dogter, jou geloof het jou gered. ” En van daardie oomblik af was die vrou gesond. Toe Jesus by die huis van die leier kom en die fluitspelers sien en die klomp mense wat luidrugtig huil, het Hy gesê: “Gaan weg, want die dogtertjie het nie gesterf nie, maar slaap net. ” Hulle het Hom egter uitgelag. Toe die klomp mense uitgejaag is, het Hy ingegaan en haar aan die hand geneem en die dogtertjie het opgestaan. Die nuus hieroor het deur die hele omgewing versprei. Toe Jesus van daar af verder gaan, het twee blindes agter Hom begin aanloop en uitgeroep: “Ontferm U oor ons, •Seun van Dawid!” Nadat Jesus die huis binnegegaan het, het die blindes na Hom gekom, en Jesus het vir hulle gesê: “Glo julle dat Ek dit kan doen?” Hulle antwoord Hom: “Ja, Here.” Toe het Jesus hulle oë aangeraak en gesê: “Laat met julle gebeur soos julle glo.” En hulle oë is geopen. Jesus het hulle ernstig aangespreek en gesê: “Sorg dat niemand hiervan weet nie.” Maar hulle het uitgegaan en die nuus oor Hom in daardie hele omgewing versprei. Hulle het toe vertrek, en kyk, 'n man wat stom was, en deur 'n demoon besete, is na Hom gebring. Nadat die demoon uitgedryf is, het die stomme begin praat. Die skare was verwonderd en het gesê: “So iets is nog nooit in Israel gesien nie.” Maar die •Fariseërs het gesê: “Deur die aanvoerder van die demone dryf Hy die demone uit.” Jesus het in al die stede en dorpies rondgegaan, in hulle •sinagoges geleer, die evangelie van die •koninkryk verkondig, en elke siekte en elke kwaal genees. Toe Hy die skare sien, het Hy hulle innig jammer gekry, omdat hulle verward en verstrooi was, soos skape sonder 'n herder. Toe sê Hy vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid daarom die Here van die oes dat Hy arbeiders uitstuur om sy oes in te samel.”

MATTEUS 9:9-38 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

En toe Jesus daarvandaan weggaan, sien Hy 'n man met die naam van Matteus by die tolhuis sit; en Hy sê vir hom: Volg My. En hy het opgestaan en hom gevolg. En terwyl Jesus in die huis aan tafel was, kom daar baie tollenaars en sondaars en gaan sit saam met Hom en sy dissipels. En toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir sy dissipels: Waarom eet julle Meester saam met tollenaars en sondaars? Maar toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het nie 'n geneesheer nodig nie, maar die wat siek is. Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offer nie, want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering. Toe kom die dissipels van Johannes na Hom en sê: Waarom vas ons en die Fariseërs dikwels, maar u dissipels vas nie? En Jesus sê vir hulle: Kan die bruilofskinders treur solank die bruidegom by hulle is? maar daar sal dae kom dat die bruidegom van hulle weggeneem sal word, en dan sal hulle vas. Niemand sit 'n stuk nuwe lap aan 'n ou kleed nie, want wat ingegooi word om dit vol te maak, neem uit die kleed, en die skeur word vererger. Die mense gooi ook nie nuwe wyn in ou sakke nie; anders breek die sakke, en die wyn raak op, en die sakke vergaan; maar hulle gooi nuwe wyn in nuwe sakke, en altwee bly behoue. Terwyl hy hierdie dinge met hulle spreek, kyk, daar kom 'n sekere owerste en aanbid hom en sê: My dogter is nou al dood; maar kom lê jou hand op haar, en sy sal lewe. En Jesus het opgestaan en Hom gevolg, en so ook sy dissipels. En kyk, 'n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing siek was, het agter hom aangekom en die soom van sy kleed aangeraak. Want sy het by haarself gesê: As ek maar net aan sy kleed kan raak, sal ek gesond word. Maar Jesus het hom omgedraai, en toe hy haar sien, sê Hy: Dogter, wees gerus; jou geloof het jou gesond gemaak. En die vrou is van daardie uur af gesond geword. En toe Jesus in die huis van die owerste inkom en sien hoe die predikante en die mense 'n lawaai maak, Hy sê vir hulle: Gee plek, want die slavin is nie dood nie, maar slaap. En hulle het hom tot spot gelag. Maar toe die manskappe weggestuur is, het hy ingegaan en haar aan die hand gevat, en die slavin het opgestaan. En die roem hiervan het na die hele land gegaan. En toe Jesus daarvandaan weggaan, het twee blindes Hom gevolg, wat roep en sê: Seun van Dawid, ontferm U oor ons! En toe Hy in die huis ingaan, kom die blindes na Hom; en Jesus sê vir hulle: Glo julle dat Ek dit kan doen? Hulle sê vir Hom: Ja, Here! Toe het Hy hulle oë aangeraak en gesê: Laat dit vir julle volgens julle geloof wees. En hulle oë is geopen; en Jesus het hulle streng bevel gegee en gesê: Pas op dat niemand dit weet nie. Maar toe hulle weg is, het hulle sy roem in daardie hele land versprei. Terwyl hulle uitgaan, het hulle 'n stom man wat van 'n duiwel besete was, na Hom gebring. En toe die duiwel uitgedryf is, het die stomme gepraat; Maar die Fariseërs het gesê: Hy dryf die duiwels uit deur die owerste van die duiwels. En Jesus het in al die stede en dorpe rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees. Maar toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel oor hulle, omdat hulle beswyk het en verstrooi was soos skape wat geen herder het nie. Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min; Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes sal uitstuur.

MATTEUS 9:9-38 Die Boodskap (DB)

Van daar af stap Jesus toe verder tot by ’n tolhuis. Dit is die plek waar reisigers se bagasie deur belastinggaarders (hulle is tollenaars genoem) deursoek is. Dan moes hulle op sekere goed belasting betaal. Hierdie mense was baie ongewild onder die Jode. Om die waarheid te sê, die Jode wou nie eens met hulle meng of selfs met hulle gesels nie. Matteus was so ’n tollenaar. Toe Jesus Matteus in die tolhuis sien sit, sê Hy vir hom: “Los al hierdie goed waarmee jy jou so besig hou en kom saam met My!” Matteus het nie een oomblik op hom laat wag nie. Hy het alles net so gelos en saam met Jesus verder gestap. Hulle is van daar af na Matteus se huis toe. Daar gekom, nooi Matteus ’n groot klomp van sy vriende vir aandete. Saam met Jesus en sy dissipels was daar natuurlik ook ’n hele klomp mense met wie die Jode nooit eens saam aan ’n tafel gesien wou wees nie. Daar was nog tollenaars en dan ook mense wat deur die Jode as sogenaamde sondaars uitgeskel is. Dit was mense wat nie die Joodse wet so streng gehou het as wat party gedink het hulle moes nie. Van die Jode wat die wet baie streng gehou het, het Jesus toe saam met al daardie mense aan die tafel sien sit. Dit het hulle laat wonder of Hy dan soos daardie mense wou word, want ’n mens eet mos net saam met goeie vriende. Hulle het by sy dissipels probeer uitvis: “Wat is Jesus besig om te doen? Wat leer hy julle? Waarom is hy so vriendelik met hierdie slegte mense dat hy selfs saam met hulle eet?” Hulle het die dissipels met vrae gepeper. Jesus hoor dit toe en vra: “Wat dink julle moet ’n dokter doen? Moet hy heeltyd die gesonde mense oppas? Of is sy plek by die siek mense vir wie hy iets kan beteken? Die antwoord op hierdie vraag sal julle help om God se woorde te begryp: ‘Dit help nie julle broei mekaar warm in die kerk en hou mooi eredienste nie. Nee, Ek wil eerder hê julle moet mense help wat julle hulp regtig nodig het.’ “Dink mooi hieroor na; dan sal julle verstaan wanneer Ek sê dat Ek nie hier is om mense wat klaar aan God gehoorsaam is weer na Hom toe te lei nie. Nee, dit is die mense wat nie van Hom weet nie wie se oë Ek graag vir God wil oopmaak.” Johannes se volgelinge het ook begin wonder waarom Jesus-hulle so anders optree wanneer dit by godsdienstige gebruike kom. Hulle vra toe vir Jesus: “Kyk hoe getrou hou ons en die ander godsdienstige Jode die vastye. Vir lang tye sonder ons ons vir God af en eet niks nie. Waarom steur jou dissipels hulle glad nie daaraan nie?” Jesus antwoord: “Wel, omdat nuwe dinge in hierdie wêreld aan die gebeur is. Op ’n troue staan mense mos nie en huil nie. Allesbehalwe! Terwyl die troue aan die gang is, hou almal mos fees. As die fees eers verby en die bruidspaar weg is, kan hulle weer met hulle gewone lewe aangaan en huil as hulle wil. “Laat Ek dit so verduidelik: as iemand ’n gat in ’n ou rok regmaak, lap sy dit nie met nuwe materiaal wat kwaai sal krimp nie. Met die eerste was sal daardie nuwe lap mos krimp en ’n yslike gat in die ou rok skeur. “Nog ’n voorbeeld: julle weet goed dat die leer van sakke waarin wyn ’n lang ruk gehou word, sag word en maklik skeur. Julle sal mos nie wyn wat nog moet gis in daardie sagte sakke gooi nie. As die wyn gis, sal die gas daarvan die sagte sakke laat skeur. Dan loop al julle wyn uit. Nee, nuwe wyn gooi ’n mens in sterk, nuwe sakke. Die sakke sal dan nie skeur nie en jou wyn sal ook nie uitloop nie. “Dus, as God se nuwe wêreld hier is, word nuwe optrede van mense verwag.” ’n Vername leier uit daardie omgewing kom val toe voor Jesus neer: “Kom, asseblief! My dogter is nou net dood! Kom vat net aan haar en ek weet sy sal weer begin leef. Asseblief!” smeek hy. Sonder om te huiwer staan Jesus en sy dissipels op om saam met hom te gaan. Onder die mense was daar ’n vrou wat twaalf jaar lank al vreeslik gebloei het. Niks wou help nie en sy het geredeneer: “As ek net aan Jesus kan raak, weet ek ek sal gesond word.” Toe Jesus dus opstaan, kry sy haar kans. Sy kom van agter af en vat aan Hom. Jesus draai om en kyk vir haar: “Jou dae van bekommernis is verby. Omdat jy so vas geglo het in wat Ek vir jou kan doen, sal daardie siekte jou nooit weer pla nie.” En die vrou was van daardie oomblik af gesond. Daarna is Jesus-hulle saam met die vername man. By sy huis kry hulle mense wat vreeslik huil en rou. Dit het ’n groot lawaai afgegee. Jesus skreeu toe bo die geraas uit: “Gaan asseblief uit die huis uit. Die dogtertjie is nie regtig dood nie. Sy slaap net.” Toe die mense Hom dit hoor sê, was daar ’n beroering. Hulle kon hulle lag nie hou nie en het Hom begin koggel. Eers toe almal uit was, het Jesus by die huis ingegaan. Hy het die meisie se hand gevat en dit styf vasgehou. Die meisie het haar oë oopgemaak en opgestaan. Die nuus van wat daar gebeur het, het soos ’n veldbrand deur die hele omgewing versprei. Net toe Jesus by die huis uitkom, skreeu twee blindes hard vir Hom: “Seun van koning Dawid, help ons, asseblief! Ons het u hulp bitter nodig!” Jesus vra hulle: “Is julle heeltemal seker dat Ek julle kan help?” Vinnig antwoord hulle: “Natuurlik, Here.” Jesus vat toe aan hulle oë en sê: “Mag dít gebeur waarop julle so hoop.” En dit het gebeur - hulle kon weer sien. Jesus vra hulle toe baie mooi, maar tog ernstig: “Asseblief, moenie dat iemand agterkom wat hier gebeur het nie.” Maar hulle was kwalik by die deur uit of hulle het daaroor begin praat. Hulle kon dit net nie vir hulleself hou nie. Almal het later daarvan geweet. Net daarna het die mense ’n man na Jesus toe gebring wat in die mag van ’n bose gees was. Die bose gees het gekeer dat hy ’n woord kon uitkry. Jesus het die bose gees verwilder en dadelik het die man begin praat. Die mense was skoon uit die veld geslaan. “Nog nooit het ons so iets in Israel gesien nie!” het hulle vir mekaar gesê. “Nee wat,” het die Fariseërs verskoning probeer soek, “hierdie man werk vir die duiwel. Daarom luister die bose geeste so vir hom!” Jesus het by al die dorpies en klein plekkies langs gegaan. By hulle byeenkomste het Hy lank met die mense gesels oor hoe hulle die Joodse Bybel moes verstaan. Hy het veral vir hulle die goeie nuus van God se nuwe wêreld vertel. Met Jesus se koms kon die mense ook al hoe meer agterkom hoe God se nuwe wêreld lyk. Daarom het Hy mense met allerhande siektes en kwale gesond gemaak. Jesus het na al hierdie mense om Hom gekyk. Hulle het vir Hom gelyk soos skape wat sonder ’n herder ronddwaal. Dit was of hulle nie meer krag oorgehad het om aan te gaan nie en sommer net daar wou bly lê. Daarom wou Jesus hulle regtig graag help. Hy sê toe vir sy dissipels: “Die lande staan ryp met ’n groot oes, maar daar is so min mense om die oes in te samel. Vra God, die Boer wie se oes dit is, om nog ekstra arbeiders te stuur. Daarvoor moet julle ernstig bid!”

MATTEUS 9:9-38 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Toe Jesus daarvandaan verder gaan, sien Hy ’n man met die naam Matteus by die tolhokkie sit. Hy sê toe vir hom: “Kom! Word my dissipel!” Matteus het opgestaan en Jesus se dissipel geword. Matteus het toe ’n groot ete aangebied en, werklikwaar, baie van sy medetollenaars en ander berugte sondaars het gekom en die tafel met Jesus en sy dissipels gedeel. Toe die Fariseërs dit agterkom, vra hulle vir Jesus se dissipels: “Hoe kan julle leermeester met sulke immorele karakters saameet?” Toe Jesus dit hoor, sê Hy: “Gesonde mense het die dokter nie nodig nie; die siekes wel. Gaan leer wat dit beteken as die Skrifwoord sê: ‘Ontferming is vir My baie belangriker as offerandes.’ Ek het gekom om sondaars na die koninkryk te nooi, nie mense wat dink dat hulle alreeds goed genoeg is nie.” By geleentheid het die dissipels van Johannes die Doper na Jesus toe gekom en Hom gevra: “Waarom vas ons en die Fariseërs dikwels, maar u dissipels vas glad nie?” Jesus het geantwoord: “Dit is tog ondenkbaar dat die bruilofsgaste sal treur solank die bruidegom nog saam met hulle feesvier! Daar kom egter ’n tyd wanneer die bruidegom van hulle af weggeneem sal word. Dán sal hulle vas. Niemand sal tog ’n ou kledingstuk met ’n stuk nuwe, ongekrimpte materiaal lap nie. Die nuwe materiaal gaan immers krimp en losskeur en ’n nog groter gat agterlaat. Net so min gooi ’n mens nuwe wyn in ou leersakke. Doen jy dit tog, sal die sakke skeur en die wyn uitloop. Dan is die sakke ook nog daarmee heen. Nee, ’n mens gooi nuwe wyn in nuwe leersakke; dan hou al twee goed.” Jesus was nog besig om met hulle te praat toe daar ’n vername Joodse leier na Hom toe kom en voor Hom neerval met die woorde: “My dogter is nou net dood. Kom tog en sit u hand op haar en sy sal weer lewe.” Jesus het opgestaan en saam met sy dissipels agter die man aan gegaan. Onderweg het ’n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, van agter af na Jesus toe gekom en aan die soom van sy bokleed geraak, want sy het by haarself gedink: “Al kan ek tog maar net aan sy bokleed raak, sal ek gesond word.” Toe Jesus omdraai en haar sien, het Hy vir haar gesê: “Skep moed, my dogter. Omdat jy so vas geglo het, is jy nou gesond.” En die vrou was van daardie oomblik af heeltemal genees. Toe Jesus by die vername man se huis aankom, kry Hy daar mense wat begrafnismusiek maak en ’n hele klomp wat kerm en huil. Daarop sê Hy vir hulle: “Gaan buitentoe; die dogtertjie is nie dood nie, sy slaap net.” Maar hulle het Hom uitgelag. Nadat die klomp buitentoe gejaag is, het Jesus in die dogtertjie se kamer gegaan, haar hand gevat, en sy het opgestaan. Hierdie nuus het soos ’n veldbrand deur die hele omgewing versprei. Toe Jesus daarvandaan verder gaan, het twee blindes agter Hom aan gekom. Hulle het hardop geskreeu: “Seun van Dawid, ontferm U tog oor ons!” Nadat Jesus in die huis ingegaan het, kom die blindes na Hom toe. Daarop sê Jesus vir hulle: “Glo julle regtig Ek kan julle gesond maak?” Hulle sê vir Hom: “Ja, Here, ons glo U kan dit doen.” Hy raak toe hulle oë aan en sê: “Soos julle geglo het, sal dit vir julle gebeur.” Daarop kon hulle sien! Jesus het hulle toe ernstig gewaarsku: “Maak seker dat julle niemand hiervan vertel nie.” Ten spyte daarvan het hulle weggegaan en oral gaan vertel hoe wonderlik Jesus is. Die twee wat gesond gemaak is, was nog besig om te vertrek toe mense iemand na Hom toe bring wat stom was omdat ’n bose gees beheer oor hom gehad het. Nadat Jesus die bose gees uit hom gejaag het, het die stom man begin praat. Die skare was oorweldig en het gesê: “So iets het nog nooit in Israel gebeur nie!” Maar die Fariseërs se reaksie was: “Dit is Beëlsebul wat Hom help om bose geeste uit mense uit te jaag.” Jesus het deur al die dorpe en kleiner plekkies rondbeweeg. Hy het die mense in hulle sinagoges onderrig, die Goeie Nuus van God se koningsheerskappy aangekondig en elke siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak. Toe Jesus na die baie mense kyk, het Hy ontroerd geraak oor hulle seerkry en weerloosheid. Hulle was soos skape sonder ’n wagter. Daarop sê Hy vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die werkers is min. Hierdie oes is die Here s’n. Vra Hom dan om werkers vir sy oesland te voorsien.”