MATTEUS 9:12-13
MATTEUS 9:12-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe Jesus dit hoor, sê Hy: “Gesonde mense het die dokter nie nodig nie; die siekes wel. Gaan leer wat dit beteken as die Skrifwoord sê: ‘Ontferming is vir My baie belangriker as offerandes.’ Ek het gekom om sondaars na die koninkryk te nooi, nie mense wat dink dat hulle alreeds goed genoeg is nie.”
MATTEUS 9:12-13 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het gehoor wat die Fariseërs sê, en Hy het vir hulle gesê: “Gesonde mense gaan nie dokter toe nie, net mense wat siek is, gaan dokter toe. Julle moet leer wat beteken hierdie woorde: “Die Here sê: Ek wil nie offers hê nie, maar Ek wil hê julle moet goed wees vir mense. “Ek het nie gekom om mense te roep wat dink hulle is gehoorsaam aan die wette van God nie. Ek het gekom om sondaars te roep.”
MATTEUS 9:12-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
MATTEUS 9:12-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Jesus het dit gehoor en gesê: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.’ Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.”
MATTEUS 9:12-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Jesus dit hoor, het Hy gesê: “Gesonde mense het nie 'n dokter nodig nie, maar wel die siekes. Gaan leer wat beteken, ‘Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie.’ Ek het immers nie gekom om •regverdiges te roep nie, maar sondaars.”
MATTEUS 9:12-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het nie 'n geneesheer nodig nie, maar die wat siek is. Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offer nie, want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
MATTEUS 9:12-13 Die Boodskap (DB)
Jesus hoor dit toe en vra: “Wat dink julle moet ’n dokter doen? Moet hy heeltyd die gesonde mense oppas? Of is sy plek by die siek mense vir wie hy iets kan beteken? Die antwoord op hierdie vraag sal julle help om God se woorde te begryp: ‘Dit help nie julle broei mekaar warm in die kerk en hou mooi eredienste nie. Nee, Ek wil eerder hê julle moet mense help wat julle hulp regtig nodig het.’ “Dink mooi hieroor na; dan sal julle verstaan wanneer Ek sê dat Ek nie hier is om mense wat klaar aan God gehoorsaam is weer na Hom toe te lei nie. Nee, dit is die mense wat nie van Hom weet nie wie se oë Ek graag vir God wil oopmaak.”
MATTEUS 9:12-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe Jesus dit hoor, sê Hy: “Gesonde mense het die dokter nie nodig nie; die siekes wel. Gaan leer wat dit beteken as die Skrifwoord sê: ‘Ontferming is vir My baie belangriker as offerandes.’ Ek het gekom om sondaars na die koninkryk te nooi, nie mense wat dink dat hulle alreeds goed genoeg is nie.”