MATTEUS 7:6
MATTEUS 7:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie.
MATTEUS 7:6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Moenie wat heilig is vir onheilige mense gee nie. Hulle sal dit nie respekteer nie. Hulle sal soos honde omspring en julle verskeur. Moet ook nie julle kosbare pêrels vir elke morsige hierjy aanbied nie. Hulle sal dit nie waardeer nie, maar dit vertrap soos varke onder hulle pote.”
MATTEUS 7:6 Bybel vir almal (ABA)
“'n Mens gooi nie dinge wat aan God behoort, vir die honde nie. Die honde sal omdraai en hulle sal jou kom byt. Jy gooi ook nie juwele voor varke nie. Die varke sal op die juwele trap met hulle pote. So moet julle nie aanhou om God se boodskap, wat kosbaar is, na mense toe te bring wat die boodskap nie wil ontvang nie.”
MATTEUS 7:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Moenie wat heilig is, vir die honde gooi nie: hulle sal omspring en julle verskeur; en moenie julle pêrels voor die varke gooi nie: hulle sal dit met hulle pote vertrap.”
MATTEUS 7:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Moenie wat heilig is vir die honde gee nie, en moenie julle pêrels voor die varke gooi nie, sodat hulle dit nie met hulle pote vertrap, en die honde nie omspring en julle verskeur nie.”
MATTEUS 7:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Gee nie wat heilig is vir die honde nie, en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, dat hulle dit nie onder hulle voete vertrap en omdraai en julle verskeur nie.
MATTEUS 7:6 Die Boodskap (DB)
“Wees versigtig wanneer julle tussen mense is wat geen respek vir God het nie. Hulle verstaan glad nie hoe groot en heilig Hy is nie. Moenie julle tyd mors om met hulle oor God te praat nie. Soos ’n trop varke sal hulle sy goedheid onder hulle voete vertrap. Boonop gaan hulle julle ook nog beledig en vervolg.”