MATTEUS 7:26-29
MATTEUS 7:26-29 Afrikaans 1983 (AFR83)
En elkeen wat hierdie woorde van My hoor en nie daarvolgens handel nie, kan vergelyk word met 'n dwaas wat sy huis op sand gebou het. Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en die huis het ingestort en is heeltemal verwoes.” Toe Jesus klaar gepraat het, was die skare verbaas oor sy onderrig, want Hy het hulle geleer soos 'n man met gesag en nie soos hulle skrifgeleerdes nie.
MATTEUS 7:26-29 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar elkeen wat hierdie woorde van My hoor en dit nie uitvoer nie, sal soos 'n onverstandige man wees wat sy huis op sand gebou het. Toe die reën begin val en die stormwaters kom en die winde waai en daardie huis tref, het dit ineengestort, en die ineenstorting was geweldig.” Toe Jesus sy redevoering voltooi het, was die skare verstom oor sy lering, omdat Hy hulle geleer het soos iemand met gesag en nie soos hulle skrifkenners nie.
MATTEUS 7:26-29 Bybel vir almal (ABA)
Maar elkeen wat weet wat Ek sê en wat dit nie doen nie, is soos 'n dwase mens wat sy huis gebou het op sand. Dit het gereën en die riviere het vol water geword. Die wind het hard gewaai en dit het die huis baie geruk. Die huis het omgeval, en daar het niks oorgebly nie.” Toe Jesus klaar gepraat het, was al die mense verbaas oor hoe Hy vir hulle geleer het, want hulle het besef dit kom van God. Jesus het nie vir hulle geleer soos hulle skrifgeleerdes dit gedoen het nie.
MATTEUS 7:26-29 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met 'n dwase man wat sy huis op die sand gebou het. En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot. En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor sy leer; want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie.
MATTEUS 7:26-29 Afrikaans 1983 (AFR83)
En elkeen wat hierdie woorde van My hoor en nie daarvolgens handel nie, kan vergelyk word met 'n dwaas wat sy huis op sand gebou het. Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en die huis het ingestort en is heeltemal verwoes.” Toe Jesus klaar gepraat het, was die skare verbaas oor sy onderrig, want Hy het hulle geleer soos 'n man met gesag en nie soos hulle skrifgeleerdes nie.
MATTEUS 7:26-29 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar elkeen wat hierdie woorde van My hoor en dit nie uitvoer nie, sal soos 'n onverstandige man wees wat sy huis op sand gebou het. Toe die reën begin val en die stormwaters kom en die winde waai en daardie huis tref, het dit ineengestort, en die ineenstorting was geweldig.” Toe Jesus sy redevoering voltooi het, was die skare verstom oor sy lering, omdat Hy hulle geleer het soos iemand met gesag en nie soos hulle skrifkenners nie.
MATTEUS 7:26-29 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En elkeen wat hierdie woorde van my hoor en dit nie doen nie, sal vergelyk word met 'n dwase man wat sy huis op die sand gebou het. En die reën het neergedaal, en die vloede het gekom, en die winde het gewaai en teen daardie huis geslaan; en dit het geval, en sy val was groot. En dit het gebeur, toe Jesus hierdie woorde beëindig het, was die mense verstom oor sy leer. Want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie.
MATTEUS 7:26-29 Die Boodskap (DB)
Aan die ander kant: as julle my woorde hoor en dit nie doen nie, is julle regtig dom. Dan is julle lewens op ’n hoop sand gebou. Wanneer die reëns en die storms oor julle losbreek, sal julle lewens uiteindelik inmekaarstort. Dan is die doderyk julle voorland.” Toe Jesus klaar was met sy lering op die berg, was die skare stom van verbasing. Hulle was vol lof oor sy aangrypende woorde. Jesus se woorde het heeltemal anders geklink as dié van hulle leermeesters. Hy het met groot gesag en oortuiging gepraat.
MATTEUS 7:26-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar elkeen wat na my woorde luister en dit nie doen nie, sal wees soos ’n dwaas wie se huis op die sand gebou is. Wanneer daar ’n stortbui val, en die vloedwater afkom, en die stormwinde waai, sal daardie huis heeltemal inmekaarstort.” Toe Jesus sy rede voltooi het, was die skare diep onder die indruk van sy onderrig. Dit was immers gesagvol – heeltemal anders as dié van hulle eie skrifkenners.