MATTEUS 7:23-24
MATTEUS 7:23-24 Bybel vir almal (ABA)
“Maar dan sal Ek vir hulle sê: ‘Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle het nie gedoen wat my wette sê nie.’ ” “Elke mens wat weet wat Ek gesê het en wat dit doen, is soos 'n wyse man wat sy huis op 'n rots gebou het.
MATTEUS 7:23-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dan sal Ek openlik vir hulle sê, ‘Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat wetteloosheid bedryf!’ ” “Daarom sal elkeen wat na my woorde luister en daarvolgens handel, soos 'n verstandige man wees wat sy huis op rots gebou het.
MATTEUS 7:23-24 Die Boodskap (DB)
“Weet julle wat Ek dan sal antwoord? Ek sal dan vir hulle sê: ‘Ek ken julle van g’n kant af nie. Julle spul slegte mense verdien die hel. Gee dadelik pad voor My!’” “Ek het julle nou baie dinge oor God geleer. As julle my woorde ter harte neem en dit doen, tree julle reg op. Dan is julle lewens op ’n stewige fondament gebou.
MATTEUS 7:23-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.
MATTEUS 7:23-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.” “Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met 'n verstandige man wat sy huis op rots gebou het.
MATTEUS 7:23-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dan sal Ek aan hulle bely: Ek het julle nooit geken nie; gaan weg van My, julle wat ongeregtigheid doen. Daarom, elkeen wat hierdie woorde van My hoor en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n wyse man wat sy huis op 'n rots gebou het.
MATTEUS 7:23-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dan sal Ek hulle antwoord: ‘Julle was nog nooit werklik mý mense nie. Gaan weg van My af! Julle het nie gedoen wat voor God reg is nie.’” “Elkeen wat na my woorde luister en daarvolgens handel, is soos ’n verstandige persoon wie se huis op rots gebou is.