MATTEUS 6:1,33
MATTEUS 6:1 Bybel vir almal (ABA)
“Julle moet seker maak: Wanneer julle die Here dien, dan moet julle dit nie doen sodat al die mense kan sien wat julle doen nie. As julle dit doen en julle wil hê al die mense moet dit sien, dan sal julle Vader in die hemel nie daaroor goed wees vir julle nie.”
Matteus 6:33 Bybel vir almal (ABA)
Nee, dit moet vir julle die belangrikste wees dat God julle Koning is. Julle moet gehoorsaam wees aan Hom en doen wat Hy wil hê. Dan sal Hy al hierdie ander dinge ook vir julle gee.
MATTEUS 6:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
PAS op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie.
MATTHÉÜS 6:33 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
MATTEUS 6:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Moenie julle godsdienstige pligte in die openbaar nakom om deur mense gesien te word nie, want dan kry julle geen beloning van julle Vader wat in die hemel is nie.
MATTEUS 6:33 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.
MATTEUS 6:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Wees op julle hoede dat julle nie julle •geregtigheid voor die mense beoefen om deur hulle gesien te word nie, anders is daar vir julle geen beloning by julle Vader in die •hemele nie.
Matteus 6:33 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar soek eers die •koninkryk van God en sy •geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
MATTEUS 6:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Pas op dat julle nie julle aalmoese voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen beloning van julle Vader wat in die hemele is nie.
Matteus Matteus 6:33 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid; en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
MATTEUS 6:1 Die Boodskap (DB)
“Wanneer julle besluit om goeie dinge vir ander mense te doen, moet julle eers seker maak hoekom julle dit doen. Moenie ’n openbare skouspel daarvan maak sodat ander julle kan raaksien nie. As julle op soek is na die applous van ander mense, skuld God julle niks meer nie. Dan het julle klaar julle beloning gekry.
Matteus 6:33 Die Boodskap (DB)
“Stel God se koninkryk eerste. Doen net daardie dinge wat vir Hom belangrik is. Hy sal vir die res sorg. Hy sal elke dag vir julle genoeg kos en klere gee. En los môre se probleme vir die dag van môre. Van probleme het elke dag immers oorgenoeg. Leef vandag voluit vir God!”
MATTEUS 6:1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Wees versigtig! Moenie julle praktiese godsdiens in die openbaar beoefen sodat almal julle bewonder nie. Anders gaan julle julle beloning by julle hemelse Vader misloop.