MATTEUS 5:5-8
MATTEUS 5:5-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Gelukkig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde erf. Gelukkig is dié wat honger en dors na •geregtigheid, want hulle sal versadig word. Gelukkig is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid ontvang. Gelukkig is dié wat suiwer van hart is, want hulle sal God sien.
MATTEUS 5:5-8 Bybel vir almal (ABA)
Mense wat nederig is en wat op God vertrou, nie op hulleself nie, is gelukkige mense, want God sal vir hulle die aarde gee. Mense wat baie graag wil doen wat God wil hê, is gelukkige mense, want God sal vir hulle help om alles te doen wat Hy wil hê. Mense wat goed is vir iemand wat swaarkry, is gelukkige mense. God sal vir hulle ook goed wees. Mense wat net vir God dien, is gelukkige mense, want hulle sal God sien.
MATTEUS 5:5-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe. Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word. Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word. Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.
MATTEUS 5:5-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang. Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word. Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word. Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien.
MATTEUS 5:5-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Gelukkig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde erf. Gelukkig is dié wat honger en dors na •geregtigheid, want hulle sal versadig word. Gelukkig is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid ontvang. Gelukkig is dié wat suiwer van hart is, want hulle sal God sien.
MATTEUS 5:5-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe. Geseënd is die wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word. Salig is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid verkry. Geseënd is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.
MATTEUS 5:5-8 Die Boodskap (DB)
“Gelukkig is almal wat nie dink dat hulle belangriker as ander mense is nie. God sal sorg dat elke stukkie grond in sy nuwe wêreld aan hulle behoort. “Gelukkig is almal wat met alles in hulle daarna streef om te doen wat God vra. Hy sal binnekort hulle verlange na Hom vir altyd wegvat. “Gelukkig is almal wat regtig vir ander mense omgee. God sal binnekort vir hulle wys presies hoeveel Hy vir hulle omgee. “Gelukkig is almal wie se lewe van binne af nuut geword het. God sal sorg dat hulle Hom met hul eie oë sien.
MATTEUS 5:5-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Gelukkig is dié wat sag van hart is, want die nuwe aarde sal hulle erfporsie wees. Gelukkig is dié wat honger en dors na wat voor God reg is, want Hy sal hulle hartsverlange bevredig. Gelukkig is dié wat met ontferming uitreik na mense in nood, want God sal Hom oor húlle ontferm. Gelukkig is dié wie se harte volkome op God gerig is, want hulle sal vir God sien.