MATTEUS 5:5,7,9
MATTEUS 5:5 Bybel vir almal (ABA)
Mense wat nederig is en wat op God vertrou, nie op hulleself nie, is gelukkige mense, want God sal vir hulle die aarde gee.
Matteus 5:7 Bybel vir almal (ABA)
Mense wat goed is vir iemand wat swaarkry, is gelukkige mense. God sal vir hulle ook goed wees.
Matteus 5:9 Bybel vir almal (ABA)
Mense wat vrede maak tussen mense, is gelukkige mense. God sal sê hulle is sy kinders.
MATTEUS 5:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.
MATTHÉÜS 5:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.
MATTHÉÜS 5:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.
MATTEUS 5:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.
MATTEUS 5:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.
MATTEUS 5:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.
MATTEUS 5:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Gelukkig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde erf.
Matteus 5:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Gelukkig is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid ontvang.
Matteus 5:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Gelukkig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.
MATTEUS 5:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.
Matteus Matteus 5:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Salig is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid verkry.
Matteus Matteus 5:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.
MATTEUS 5:5 Die Boodskap (DB)
“Gelukkig is almal wat nie dink dat hulle belangriker as ander mense is nie. God sal sorg dat elke stukkie grond in sy nuwe wêreld aan hulle behoort.
Matteus 5:7 Die Boodskap (DB)
“Gelukkig is almal wat regtig vir ander mense omgee. God sal binnekort vir hulle wys presies hoeveel Hy vir hulle omgee.
Matteus 5:9 Die Boodskap (DB)
“Gelukkig is almal wat vrede maak tussen mense wat in vyandskap met mekaar leef. God sal op die laaste dag voor almal sê dat hulle sy kinders is.
MATTEUS 5:5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Gelukkig is dié wat sag van hart is, want die nuwe aarde sal hulle erfporsie wees.
MATTEUS 5:7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Gelukkig is dié wat met ontferming uitreik na mense in nood, want God sal Hom oor húlle ontferm.