MATTEUS 5:38-42
MATTEUS 5:38-42 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘’n Oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand.’ Maar Ek sê vir julle, julle moet julle nie teen ’n slegte mens verset nie. As mense jou op jou regterwang klap, draai vir hulle ook jou ander wang. En gee vir hulle wat jou hof toe wil vat omdat hulle jou onderkleed wil hê, ook jou bo-kleed. As ’n soldaat jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer ver. “Géé vir die een wat iets van jou vra, en moenie jou rug draai op iemand wat by jou wil leen nie.”
MATTEUS 5:38-42 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Julle het gehoor dat daar gesê is, ‘'n oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand’. Maar Ek sê vir julle dat julle nie 'n slegte mens moet teengaan nie. Nee, as iemand jou op jou regterwang klap, draai ook die ander een vir hom. En as iemand jou voor die hof wil daag en jou onderkleed wil vat, gee hom ook die bokleed. En as iemand een myl van jou afdwing, loop twee myl met hom saam. Gee aan wie van jou iets vra, en moet die een wat van jou wil leen, nie wegwys nie.
MATTEUS 5:38-42 Die Boodskap (DB)
“Nog ’n bevel wat julle goed ken, is die volgende: ‘’n Oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand.’ Oftewel: oortredings moet regverdig gestraf word. “Ek sê egter vandag vir julle: julle moenie mense wat julle sleg behandel probeer terugkry nie. As iemand jou deur die gesig klap om jou te verneder moet jy dit maar vat. Moenie terugslaan nie. En as iemand jou hof toe wil vat oor iets wat jy hom skuld, gee dit dadelik vir hom terug. Sluit ook sommer ’n groot geskenk daarby in om die vrede te bewaar. “As ’n soldaat na jou toe kom en jou beveel om sy rugsak ’n kilometer ver te dra, moet jy sommer uit jou eie aanbied om dit twee kilometer ver te dra. “Julle moet vrygewig wees. Deel julle besittings met mense wat julle vra om hulle te help. Moenie mense wegjaag as hulle iets by julle wil leen nie.”
MATTEUS 5:38-42 Bybel vir almal (ABA)
“Julle weet die wette sê: ‘ As jy iemand se oog uitslaan, dan moet hy jou oog ook uitslaan. As jy iemand se tand uitslaan, dan moet hy jou tand ook uitslaan.’ Maar Ek sê vir julle: Moenie keer wanneer iemand slegte dinge doen aan jou nie. As hy jou op jou regter-wang klap, draai dan die ander wang na hom toe, sodat hy jou daar ook kan klap. As hy jou hof toe wil vat omdat hy jou onderkleed wil hê, gee dan ook jou bo-kleed vir hom. As 'n soldaat sê jy moet sy goed een myl ver dra, dan moet jy dit twee myl ver dra. As iemand iets vir jou vra, gee dit vir hom. As iemand iets by jou wil leen, moenie vir hom ‘nee’ sê nie.”
MATTEUS 5:38-42 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Julle het gehoor dat daar gesê is: Oog vir oog en tand vir tand. Maar Ek sê vir julle dat julle 'n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe. En hy wat met jou na die gereg wil gaan en jou onderkleed wil neem, laat hom ook die bo-kleed kry. En elkeen wat van jou een myl afdwing, loop met hom twee myl saam. Gee aan hom wat jou iets vra, en wys hom nie af wat van jou wil leen nie.
MATTEUS 5:38-42 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen 'n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen, nie afwys nie.”
MATTEUS 5:38-42 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Julle het gehoor dat daar gesê is, ‘'n oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand’. Maar Ek sê vir julle dat julle nie 'n slegte mens moet teengaan nie. Nee, as iemand jou op jou regterwang klap, draai ook die ander een vir hom. En as iemand jou voor die hof wil daag en jou onderkleed wil vat, gee hom ook die bokleed. En as iemand een myl van jou afdwing, loop twee myl met hom saam. Gee aan wie van jou iets vra, en moet die een wat van jou wil leen, nie wegwys nie.
MATTEUS 5:38-42 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Julle het gehoor dat daar gesê is: 'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand. Maar Ek sê vir julle dat julle die kwaad nie weerstaan nie; maar elkeen wat jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. En as iemand jou vir die wet wil dagvaar en jou mantel wegneem, laat hom ook jou mantel kry. En elkeen wat jou verplig om 'n myl te gaan, gaan saam met hom twee. Gee aan hom wat jou vra, en van hom wat van jou wil leen, moet jy nie wegdraai nie.