MATTEUS 5:13-14
MATTEUS 5:13-14 Bybel vir almal (ABA)
“Julle is vir die aarde soos sout in kos. Maar as sout nie meer soos sout smaak nie, dan kan niemand dit weer soos sout laat smaak nie. Daardie sout beteken niks. Mense gooi dit buite weg en hulle trap daarop. “Julle is vir die wêreld soos lig wat skyn. As 'n stad bo-op 'n berg lê, dan kan al die mense die stad sien.
MATTEUS 5:13-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
JULLE is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie. Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie
MATTEUS 5:13-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry 'n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit. “Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie
MATTEUS 5:13-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Julle is die sout vir die aarde, maar as die sout sy smaak verloor het, waarmee sal dit weer sout gemaak word? Dit deug vir niks meer nie, behalwe om buite gegooi te word sodat dit deur die mense vertrap kan word. “Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie.
MATTEUS 5:13-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Julle is die sout van die aarde, maar as die sout sy smaak verloor het, waarmee sal dit gesout word? dit is van nou af vir niks goed nie, behalwe om uitgewerp te word en onder die voete van mense vertrap te word. Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n heuwel lê, kan nie weggesteek word nie.
MATTEUS 5:13-14 Die Boodskap (DB)
“Julle is sout wat smaak moet gee aan hierdie smaaklose wêreld waarin almal in sonde leef. As julle dit nie doen nie, beteken julle net mooi niks vir God nie. Dan kan Hy julle net sowel op die ashoop weggooi. “Julle is ’n lig vir die donker wêreld rondom julle. Almal moet kan sien dat julle glo. “Julle geloof moet net so sigbaar wees soos ’n stad wat hoog bo-op ’n berg gebou is.
MATTEUS 5:13-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Julle is die sout wat die aarde ’n beter plek moet maak. Maar as die sout verslaan het, kry jy dit op geen manier weer sout nie. Dit is totaal onbruikbaar. Al waarvoor dit goed is, is om buite op die straat uitgegooi en deur die mense platgetrap te word. “Julle is die lig wat die wêreld moet verlig. ’n Stad wat bo-op ’n berg lê, kan mos nie weggesteek word nie!