MATTEUS 28:18-19
MATTEUS 28:18-19 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het na hulle toe gekom en vir hulle gesê: “God het gesê Ek moet regeer oor alles in die hemel en op die aarde. Daarom moet julle gaan en julle moet die mense van al die volke my dissipels maak. Julle moet hulle doop in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.
MATTEUS 28:18-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
MATTEUS 28:18-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en
MATTEUS 28:18-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus het nader gekom en vir hulle gesê: “Aan My is gegee alle mag in die hemel en op die aarde. Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees
MATTEUS 28:18-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Jesus het gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Gaan dan heen en leer al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.
MATTEUS 28:18-19 Die Boodskap (DB)
Jesus het nader gestaan. “God het aan My al die mag gegee wat daar is. Niemand is magtiger as Ek nie. Ek wil hê julle moet iets vir My doen: “Die wêreld is nou julle sendingveld. Gaan oral na almal toe en daag hulle uit om My sonder enige voorwaardes of verskonings te volg. As hulle bereid is om My met hulle hele lewe te volg, moet julle hulle doop op gesag van die Vader, die Seun en die Heilige Gees. So sal julle hulle inlyf om deel van God se familie te wees. Maar dan is julle nog nie klaar nie.