MATTEUS 27:50-51
MATTEUS 27:50-51 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het Jesus weer met 'n harde stem uitgeroep en sy asem uitgeblaas. En kyk, die voorhangsel in die heiligdom is van bo tot onder in twee geskeur, die aarde is geskud en die rotse is oopgebreek.
MATTEUS 27:50-51 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het weer hard geskree en Hy het gesterf. Die gordyn in die tempel het van bo tot onder geskeur. Dit was toe twee stukke. God het die aarde laat bewe en Hy het die rotse laat oopskeur.
MATTEUS 27:50-51 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop het Jesus weer met 'n groot stem geroep en die gees gegee. En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur
MATTEUS 27:50-51 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus het weer hard uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas. Op daardie oomblik het die voorhangsel van die tempel van bo tot onder middeldeur geskeur. Die aarde het geskud, en die rotse het uitmekaar gebars.
MATTEUS 27:50-51 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe Jesus weer met 'n groot stem geroep het, het Hy die gees gegee. En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur van bo tot onder; en die aarde het gebewe, en die rotse het geskeur
MATTEUS 27:50-51 Die Boodskap (DB)
Al wat egter gebeur het, was dat Jesus hard geskreeu het en toe dood is. Net toe het die gordyn wat die vertrekke in die tempel verdeel het, middeldeur geskeur van bo na onder. Die aarde het gebewe en rotse het verkrummel.