MATTEUS 27:3-5
MATTEUS 27:3-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe Judas, sy verraaier, besef dat Jesus ter dood veroordeel is, het hy bitter spyt gekry en die 30 silwer geldstukke na die priesterhoofde en die familiehoofde teruggevat met die woorde: “Ek het verkeerd gedoen. Ek het ’n onskuldige man uitgelewer!” Hulle het geantwoord: “Dit raak ons nie. Dis jou probleem.” Judas gooi toe die geld op die tempelvloer neer, draai om en gaan hang homself op.
MATTEUS 27:3-5 Bybel vir almal (ABA)
Judas wat vir Jesus verraai het, het gehoor dat die Joodse Raad besluit het dat Jesus skuldig is en dat Hy moet sterf. Judas was toe jammer en hy het die 30 silwer geldstukke teruggegee vir die priesterleiers en die familieleiers. Hy het gesê: “Ek het sonde gedoen, want ek het 'n onskuldige man verraai, en nou moet Hy sterf.” Maar die priesterleiers en die familieleiers het vir hom gesê: “Dit is nie ons probleem nie! Dit is jou probleem!” Judas het toe die geld in die tempel gegooi en hy het weggegaan en homself opgehang.
MATTEUS 27:3-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarna het Judas, sy verraaier, toe hy sien dat Hy veroordeel was, berou gekry en die dertig silwerstukke teruggebring na die owerpriesters en die ouderlinge en gesê: Ek het gesondig deur onskuldige bloed te verraai. Maar hulle sê: Wat gaan dit ons aan? Jy kan toesien! En hy het die silwerstukke in die tempel neergegooi en weggeloop en homself gaan ophang.
MATTEUS 27:3-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe Judas, die verraaier, sien dat Jesus tot die dood veroordeel is, het hy spyt gekry. Hy het die dertig silwermuntstukke teruggebring na die priesterhoofde en die familiehoofde toe en vir hulle gesê: “Ek het gesondig. Ek het 'n onskuldige man verraai.” Maar hulle antwoord: “Wat het ons daarmee te doen? Dit is jou saak!” Judas het toe die geld in die tempel in gegooi, weggeloop en homself gaan ophang.
MATTEUS 27:3-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Judas, sy verraaier, sien dat Hy veroordeel is, het hy berou gekry. Hy het toe die dertig silwerstukke na die leierpriesters en familiehoofde teruggeneem en gesê: “Ek het gesondig deur onskuldige bloed te verraai.” Hulle het egter gesê: “Wat het dit met ons te doen? Jy moet maar self toesien. ” Hy het toe die silwerstukke in die •tempel neergegooi, weggegaan en homself gaan ophang.
MATTEUS 27:3-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe Judas, wat hom verraai het, sien dat hy veroordeel was, het hy berou gehad en die dertig silwerstukke teruggebring na die owerpriesters en die ouderlinge. En gesê: Ek het gesondig deurdat ek die onskuldige bloed verraai het. En hulle sê: Wat is dit vir ons? sien jy daarvoor. En hy het die silwerstukke in die tempel neergegooi en weggegaan en gegaan en homself opgehang.
MATTEUS 27:3-5 Die Boodskap (DB)
Judas, wat Hom verraai het, het alles mooi dopgehou. Toe hy agterkom wat die Joodse leiers oor Jesus besluit het, het hy vreeslik sleg gevoel. Sy gewete het hom begin pla. Hy het die omkoopgeld gevat en dit vir die Joodse leiers gaan teruggee. “Dè, vat! Ek het ’n groot fout gemaak. Ek het ’n onskuldige man in die moeilikheid laat beland.” “Dit is jou saak. Dit pla ons nie,” sê die Jode. Judas gooi toe die geld net daar in die tempel neer en hardloop weg. Later het hulle hom gekry waar hy homself opgehang het.