MATTEUS 26:7-13
MATTEUS 26:7-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Terwyl Hy aan tafel was, kom daar ’n vrou na Hom toe met ’n albaste fles vol duur aromatiese olie en gooi dit op sy kop uit. Toe die dissipels dit sien, het hulle hulle daaroor opgewerk. “Watter vermorsing,” het hulle onder mekaar gesê, “sy kon dit vir ’n yslike bedrag verkoop en die geld vir die armes gegee het!” Jesus het dit egter agtergekom en vra hulle toe: “Waarom maak julle dit so moeilik vir hierdie vrou? Sy het immers ’n weldaad aan My gedoen. Die armes sal julle altyd by julle hê, maar Ek sal nie meer lank by julle wees nie. Toe sy hierdie olie op My uitgegooi het, het sy eintlik my liggaam vir my begrafnis voorberei. Ek verseker julle, waar hierdie Goeie Nuus ook al oor die hele wêreld verkondig sal word, sal daar ook gepraat word van wat sy gedoen het, en so sal sy vir altyd onthou word!”
MATTEUS 26:7-13 Bybel vir almal (ABA)
Daar kom toe 'n vrou na Jesus toe. Sy het 'n mooi klip-kruikie gehad en in die kruikie was daar baie duur lekkerruik-olie. Sy het die olie op Jesus se kop uitgegooi terwyl Hy by die tafel gesit en eet het. Toe die dissipels dit sien, het hulle kwaad geword daaroor en hulle het gesê: “Hoekom mors sy die olie? Sy kon dit verkoop het en baie geld gekry het. Dan kon sy die geld vir die arm mense gegee het.” Jesus het geweet wat hulle gesê het, en daarom het Hy vir sy dissipels gesê: “Hoekom pla julle die vrou? Sy het vir My iets gedoen wat goed is. Die arm mense is altyd by julle, maar Ek sal nie altyd by julle wees nie. Die vrou het nou die lekkerruik-olie oor My gegooi, en sy het dit gedoen sodat my liggaam gereed kan wees wanneer hulle My begrawe. Ek sê vir julle, en dit is seker: Oral in die wêreld waar die mense hierdie goeie boodskap bring, sal hulle ook praat oor hierdie vrou en wat sy gedoen het. Die mense sal haar onthou.”
MATTEUS 26:7-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
kom 'n vrou na Hom met 'n albaste fles met baie kosbare salf, en sy gooi dit op sy hoof uit terwyl Hy aan tafel was. En toe sy dissipels dit sien, was hulle verontwaardig en sê: Waarvoor is hierdie verkwisting? Want hierdie salf kon duur verkoop en die geld aan die armes gegee geword het. Maar toe Jesus dit merk, sê Hy vir hulle: Waarom val julle die vrou lastig? Want sy het 'n goeie werk aan My gedoen. Want die armes het julle altyd by julle, maar My het julle nie altyd nie. Want toe sy hierdie salf op my liggaam uitgegooi het, het sy dit gedoen met die oog op my begrafnis. Voorwaar Ek sê vir julle, oral waar hierdie evangelie verkondig sal word in die hele wêreld, sal ook gespreek word van wat sy gedoen het, tot 'n gedagtenis aan haar.
MATTEUS 26:6-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Terwyl Jesus in Betanië in die huis van Simon die melaatse aan tafel was, het 'n vrou by Jesus gekom met 'n albaste fles baie kosbare reukolie en dit op sy kop uitgegiet. Toe die dissipels dit sien, was hulle verontwaardig. “Waarom so 'n verkwisting?” vra hulle. “'n Mens kon die reukolie vir baie geld verkoop het en dit vir armes gegee het.” Jesus het dit gemerk en vir hulle gesê: “Waarom maak julle dit vir die vrou moeilik? Sy het 'n goeie daad aan My gedoen. Die armes het julle altyd by julle, maar vir My het julle nie altyd nie. Deur hierdie reukolie op my liggaam uit te giet, het sy My voorberei vir my begrafnis. Dit verseker Ek julle: Oral waar hierdie evangelie in die hele wêreld verkondig word, sal daar ook vertel word wat sy gedoen het, tot 'n herinnering aan haar.”
MATTEUS 26:7-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
het 'n vrou na Hom gekom met 'n albasterfles baie kosbare reukolie, en dit oor sy kop uitgegiet terwyl Hy vir ete aangeleun het. Toe die dissipels dit sien, was hulle verontwaardig en vra: “Waarom hierdie verkwisting? 'n Mens kon dit vir baie geld verkoop het, wat aan die armes gegee kon word.” Toe Jesus dit merk, sê Hy vir hulle: “Waarom maak julle dit vir haar moeilik? Sy het immers 'n goeie daad aan My gedoen. Die armes het julle altyd by julle, maar vir My het julle nie altyd nie. Toe sy hierdie reukolie oor my liggaam uitgegooi het, het sy dit gedoen met die oog op my begrafnis. •Amen, Ek sê vir julle: Waar in die hele wêreld ook al hierdie evangelie verkondig word, sal daar, ter herinnering aan haar, vertel word van wat sy gedoen het.”
MATTEUS 26:7-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daar het 'n vrou na Hom gekom wat 'n albaste boks van baie kosbare salf gehad het en dit op sy hoof gegooi terwyl hy aan tafel was. Maar toe sy dissipels dit sien, was hulle verontwaardig en sê: Waartoe is hierdie vermorsing? Want hierdie salf kon vir baie verkoop gewees het en aan die armes gegee gewees het. Toe Jesus dit verstaan, sê Hy vir hulle: Waarom pla julle die vrou? want sy het 'n goeie werk aan my gedoen. Want julle het die armes altyd by julle; maar my het julle nie altyd nie. Want deurdat sy hierdie salf op my liggaam uitgegooi het, het sy dit vir my begrafnis gedoen. Voorwaar Ek sê vir julle, oral waar hierdie evangelie in die hele wêreld verkondig sal word, daar sal ook vertel word van dit wat hierdie vrou gedoen het om haar te gedenk.
MATTEUS 26:6-13 Die Boodskap (DB)
Terwyl die Joodse leiers met hierdie wraakplanne besig was, was Jesus juis in Betanië. Hy het by Simon, wat eers melaats was, gebly. Jesus-hulle was besig om te eet. ’n Vrou kom toe na Hom toe met ’n fles duur olie. Die olie was soos parfuum. Sy skud die hele fles olie oor Hom uit. Toe die ander aan die tafel sien wat sy besig was om te doen, was hulle sommer baie omgekrap. “Hou op! Jy mors die goed,” roep hulle uit. “Ons kon dit vir baie geld verkoop het. Dink net hoeveel arm mense ons daarmee kon gehelp het.” Toe Jesus sien hoe hulle reageer, sê Hy: “Waarom kraak julle die vrou so af? Wat sy vir My gedoen het, beteken vir My baie. Onthou een ding: julle kan later die armes help, want daar sal altyd arm mense wees. Maar Ek gaan nie altyd by julle wees nie. Sy het hierdie geurige olie oor my liggaam gegooi terwyl Ek nog hier by julle is. Hierdie liggaam gaan binnekort in die graf lê. Daarom kan julle seker wees dat Christene nooit sal vergeet wat sy vandag gedoen het nie. Waar mense in die toekoms ook al oor My gaan praat, sal hulle oor haar ook praat. En hulle sal dit graag doen.”
MATTEUS 26:7-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Terwyl Hy aan tafel was, kom daar ’n vrou na Hom toe met ’n albaste fles vol duur aromatiese olie en gooi dit op sy kop uit. Toe die dissipels dit sien, het hulle hulle daaroor opgewerk. “Watter vermorsing,” het hulle onder mekaar gesê, “sy kon dit vir ’n yslike bedrag verkoop en die geld vir die armes gegee het!” Jesus het dit egter agtergekom en vra hulle toe: “Waarom maak julle dit so moeilik vir hierdie vrou? Sy het immers ’n weldaad aan My gedoen. Die armes sal julle altyd by julle hê, maar Ek sal nie meer lank by julle wees nie. Toe sy hierdie olie op My uitgegooi het, het sy eintlik my liggaam vir my begrafnis voorberei. Ek verseker julle, waar hierdie Goeie Nuus ook al oor die hele wêreld verkondig sal word, sal daar ook gepraat word van wat sy gedoen het, en so sal sy vir altyd onthou word!”