MATTEUS 25:44-45
MATTEUS 25:44-45 Bybel vir almal (ABA)
Dan sal ook húlle vir die Koning sê: ‘Here, wanneer het ons gesien U is honger of dors, of U is 'n vreemdeling of U het nie klere nie, of U is siek of in die tronk? Wanneer het ons U nie gedien nie?’ Dan sal die Koning vir hulle sê: ‘Ek sê vir julle, en dit is seker: Toe julle dit nie gedoen het vir een van hierdie mense wat die minste belangrik is nie, toe het julle dit ook nie vir My gedoen nie.’
MATTEUS 25:44-45 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien of dors of 'n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien nie? Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.
MATTEUS 25:44-45 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dan sal hulle ook antwoord: ‘Here, wanneer het ons U honger of dors of 'n vreemdeling of sonder klere of siek of in die tronk gesien en U nie gehelp nie?’ En Hy sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.’
MATTEUS 25:44-45 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dan sal hulle antwoord, ‘Here, wanneer het ons U honger gesien, of dors, of as 'n vreemdeling, of nakend, of siek, of in die tronk, en U nie versorg nie?’ Dan sal Hy hulle antwoord, ‘Amen, Ek sê vir julle: Wat julle vir een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle ook nie vir My gedoen nie.’
MATTEUS 25:44-45 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger of dors of vreemdeling of naak of siek of in die tronk gesien en U nie gedien nie? Dan sal hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie aan een van die geringstes van hierdie gedoen het nie, het julle dit nie aan My gedoen nie.
MATTEUS 25:44-45 Die Boodskap (DB)
“Vinnig vra hulle: ‘Here, ons verstaan nie wat U bedoel nie. Sê vir ons, wanneer het al hierdie dinge gebeur? Gee vir ons een voorbeeld van wanneer U honger of dors of kaal of siek of in die tronk was of waar U vreemd en alleen tussen ons was en ons U nie wou help nie.’ “Hy sê: ‘Luister nou mooi. As julle een van my vriende, al lyk hy vir julle ook hoe onbelangrik, met ’n glas water of ’n stukkie brood of ’n besoek in nood gehelp het, het julle My so gehelp. Ek herhaal, wie my vriende help, help My.’
MATTEUS 25:44-45 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Daarop sal hulle vra: ‘Here, wanneer het ons U ooit honger of dors of haweloos of sonder klere of siek of in die tronk gesien, en nagelaat om U te versorg?’ Dan sal Hy hulle antwoord: ‘Ek verseker julle, as julle versuim het om een van die eenvoudigstes van my broers of susters te help, het julle versuim om Mý te help.’