MATTEUS 21:40-44
MATTEUS 21:40-44 Afrikaans 1983 (AFR83)
“As die eienaar van die wingerd terugkom, wat sal hy met daardie boere doen?” Hulle antwoord Hom: “Hy sal daardie slegte mense 'n vreeslike dood laat sterwe en die wingerd aan ander boere verhuur wat hom op die regte tyd sy deel van die oes sal gee.” Toe sê Jesus vir hulle: “Julle het tog al in die Skrif gelees: “Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword. Dit is deur die Here gedoen en is 'n wonder in ons oë. “Daarom sê Ek vir julle dat die koninkryk van God van julle weggeneem sal word en aan 'n volk gegee sal word wat die vrugte daarvan sal lewer. “Wie op hierdie klip val, sal verpletter word, en die een op wie hy val, sal hy vermorsel.”
MATTEUS 21:40-44 Bybel vir almal (ABA)
Wat dink julle? Wat sal die eienaar van die wingerd met daardie mense doen wanneer hy kom?” Die priesterleiers en die familieleiers sê toe vir Jesus: “Hy sal daardie slegte mense swaar straf. Hy sal hulle doodmaak en hy sal die wingerd vir ander mense gee wat op die regte tyd vir hom die vrugte sal gee wat hy moet kry.” Toe sê Jesus vir hulle: “Het julle hierdie woorde in die Ou Testament gelees: “ Die klip wat die bouers nie wou gebruik nie, daardie klip het die belangrikste klip in die hele gebou geword. Dit is die Here se werk, en dit is vir ons wonderlik? “Daarom sê Ek vir julle: Julle sal nie meer daar kan wees waar God Koning is nie, ander mense sal daar wees, mense wat vir Hom die vrugte sal gee wat Hy moet kry. Elkeen wat val oor die klip wat die bouers weggegooi het, sal sy bene breek en sterf. En as daardie klip op iemand val, dan sal die klip hom doodval.”
MATTEUS 21:40-44 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wanneer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie landbouers doen? Hulle antwoord Hom: Die slegte mense — hy sal hulle 'n slegte dood laat sterwe en die wingerd verhuur aan ander landbouers wat hom die vrugte op die regte tyd sal gee. Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë? Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan 'n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra. En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel.
MATTEUS 21:40-44 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wanneer die eienaar van die wingerd kom, wat sal hy met daardie landbouers maak?” Hulle sê vir Hom: “Hy sal daardie slegte mense 'n aaklige dood laat sterf, en die wingerd aan ander landbouers verhuur wat aan hom die opbrengs op die regte tyd sal lewer.” Jesus sê vir hulle: “Het julle nog nooit in die Skrifte gelees nie: “ ‘Die klip wat die bouers afgekeur het, juis dit het die hoeksteen geword. Van die Here het dit gekom, en dit is wonderlik in ons oë.’ “Daarom sê Ek vir julle: Die •koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan 'n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal lewer. Wie op hierdie klip val, sal verpletter word; en as dit op iemand val, sal dit hom vergruis.”
MATTEUS 21:40-44 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wanneer die heer van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie landbouers doen? Hulle sê vir hom: Hy sal daardie goddelose manne ellendig vernietig en sy wingerd uitlewer aan ander landbouers wat vir hom die vrugte sal gee op hulle tyd. Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrif gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword; Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem word en aan 'n nasie gegee word wat die vrugte daarvan sal voortbring. En elkeen wat op hierdie klip val, sal gebreek word; maar elkeen waarop hy val, sal hom fyn maal.
MATTEUS 21:40-44 Die Boodskap (DB)
Jesus vra toe die klomp Joodse godsdienstiges: “Wat dink julle gaan die eienaar met die spul boere doen wanneer hy terugkom?” Die godsdienstiges was gou om te antwoord: “Ons dink die hel gaan om daardie boere losbrand. Daardie wingerd gaan nooit hulle s’n word nie, want die eienaar gaan hulle op die verskriklikste manier denkbaar straf. Hy sal dan die wingerd aan ander boere verhuur wat hulle huur op die regte tyd sal betaal.” Toe sê Jesus vir hulle: “Reg, maar moet Ek julle herinner aan wat daar in die Joodse Bybel staan? ‘’n Klip wat die bouers nie eens wou gebruik nie en eenkant toe gegooi het, het God reg bokant die voordeur ingebou vir almal om te sien!’ “Nou wil Ek by julle kom. Julle gaan julle plekke by God verloor. Om die waarheid te sê, God gaan julle soos die eerste boere uit sy nuwe wêreld gooi. Soos die tweede groep boere die eerste boere se plek gekry het, so sal God julle plekke dan aan mense gee wat doen wat Hy van hulle vra. “Oppas! Wie op hierdie Klip val, gaan bitter seerkry. Maar op wie die Klip val, van hom gaan niks oorbly nie.”
MATTEUS 21:40-44 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Wat dink julle,” het Jesus gevra, “sal die eienaar van die wingerd met hierdie boere doen wanneer hy terugkom?” Hulle sê vir Hom: “Hy sal daardie skurke ’n verskriklike dood laat sterf en die wingerd aan ander mense verhuur wat gereeld sy billike deel van die oes aan hom sal gee.” Jesus sê toe vir hulle: “Julle het tog seker al in die Skrif die volgende gelees: ‘Juis daardie klip wat die bouers afgekeur het, het die hoekklip van die gebou geword. Dit is die Here wat dit gedoen het en dit is vir ons wonderlik!’ “Daarom verseker Ek julle: God se koninkryk sal van julle af weggeneem word en aan ’n volk gegee word wie se lewe by koninkryksmense pas. Elkeen wat teen hierdie klip val, sal verpletter word en die een op wie hý val, sal vergruis word.”