MATTEUS 20:25-26
MATTEUS 20:25-26 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het die dissipels na Hom toe geroep en Hy het vir hulle gesê: “Julle weet daar is mense wat oor ander mense regeer en wat hulle verdruk, daar is belangrike mense wat altyd hard wil regeer oor ander mense. Dit moenie so wees by julle nie. As een van julle die belangrikste wil wees, dan moet hy die ander dien.
MATTEUS 20:25-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en die groot manne oor hulle gesag uitoefen; maar só moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.
MATTEUS 20:25-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus roep hulle toe nader en sê: “Julle weet dat dit by die nasies so is dat die regeerders oor hulle baasspeel, en dat die groot manne die mag oor hulle misbruik. Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees
MATTEUS 20:25-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar Jesus het hulle nader geroep en gesê: “Julle weet dat die heersers van die nasies oor hulle baasspeel, en die maghebbers oor hulle gesag uitoefen. So mag dit nie by julle wees nie; maar wie belangrik onder julle wil wees, moet julle dienaar wees
MATTEUS 20:25-26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar Jesus het hulle na hom geroep en gesê: Julle weet dat die owerstes van die heidene oor hulle heers, en die groot is gesag oor hulle. Maar so sal dit nie onder julle wees nie; maar elkeen wat groot wil wees onder julle, laat hom julle dienaar wees
MATTEUS 20:25-26 Die Boodskap (DB)
Daarom roep Hy hulle toe bymekaar en sê vir hulle: “Julle weet mos hoe dit in die wêreld gaan: politici en mense in magsposisies speel heeltyd baas oor al hulle onderdane. Hulle misbruik hulle gesag en doen net wat hulle wil. Julle mag egter nooit so maak nie. As een van julle in God se oë belangrik wil wees, moet hy bereid wees om ander te dien.
MATTEUS 20:25-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus roep hulle toe bymekaar en sê: “Julle weet in hierdie wêreld tiranniseer die maghebbers die nasies, en die magtiges domineer hulle. Maar onder julle moet dit heeltemal anders wees. Wie onder julle ’n leier wil wees, behoort julle dienskneg te wees.